Thursday 31 July 2008

Soek foto's en nuus

Ons hoop julle almal geniet dit om ons blog te lees. Ons probeer ons bes om almal se verjaarsdae, huweliksherdenkings en goeie nuus met julle te deel. Ons kort 'n paar van ons familie en vriende se foto's.
Ek wil julle almal vra om asseblief vir ons foto's en ander nuus te stuur.
Email dit asseblief na my toe by:
Sien uit om al die foto's te ontvang.
Hoop julle gaan 'n lekker dag hê.

Verjaarsdae

Baie geluk aan Hannah Labuschagne wat vandag verjaar. Ons hoop en vertrou dat die jaar wat vir jou voorlê vol vreugde en geluk sal wees. Mag jy 'n wonderlike dag hê en ook baie bederf word.

Wednesday 30 July 2008

Oupa met Skills Day

Elke jaar het Agricultural ITO 'n skills day. Hier kan jy al jou talente in die melkbedryf beoefen.
Ek en Pieter was hierdie jaar daar, omdat ons besig is met ons Level 4. Daar was 8 afdelings. Met elke afdeling het jy punte gekry en dan het hulle 'n wenner in elke afdeling en 'n algehele wenner gekry. Ek het aan 5 van die afdelings deelgeneem. Pieter het aan elke afdeling deelgeneem. Onder andere was daar 'n afdeling vir motorfiets en ATV's (Vierwiel motorfietse). Ongelukkig het ek eers die volgende dag my vierwiel kursus gedoen. Groot was ons verrassing toe ons ons ITO nuusbrief kry met hierdie foto.



Ja, julle sien reg. Regoor New Zealand het almal hierdie nuusbrief gekry met sy foto.
Ek sal tog vir julle 'n foto neem van my op die vierwiel. Ja, ek ry hom, maar vat geen kanse nie. Nog baie versigtig, maar dit gaan al beter.

Verjaarsdae

Ons wil graag vandag baie geluk sê aan die volgende persone wat verjaar.




Nico Redelinghuys, baie geluk met jou verjaarsdag. Ons glo dat die jaar wat voorlê net vol vreugde en geluk vir jou sal wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet.


Francois van der Merwe, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê net vol seëninge vir jou wees. Hoop jy gaan 'n wonderlike dag hê.

Tuesday 29 July 2008

Verjaarsdae




Happy birthday to you,

Happy birthday to you,

Happy birthday dear Daan,

Happy birthday to you.

Baie geluk, Daan. Ons wense vir jou vir die nuwe lewensjaar, is vreugde, vrede, geluk en voorspoed.

Jy moet dat hulle jou lekker bederf vandag.




Monday 28 July 2008

My nuwe werk

Soos julle almal weet is dit nou weer kalftyd. Ek het mos altyd gehelp met die kalfies. Hierdie jaar maak ek nie kalfies groot nie, maar pas ons manager se twee seuntjies op.
Hulle verbaas my regtig, al wat Josua (die oudste een) wil doen as hy by my huis in stap is "cartoons". Hy is so 3 jaar oud. Hulle het op die stadium nie Sky nie, so hy kyk nie "cartoons" nie.
En dan is daar Finn, as Lou hulle aflaai begin hy al huil. Dit gaan nou al bietjie better. Ek dink hy word my nou gewoond. Hy is nou 14 maande oud. Maar hy loop nog nie, kruip net die hele huis vol. Ek het nog nooit in my lewe so 'n ou fyn seuntjie gesien nie.

Hier is Josua



Die is Finn

Sunday 27 July 2008

Suid Afrikaanse vroue kuier saam

Yolandi het al die Suid Afrikaanse vroue wat ons ken, genooi vir 'n damestee. Saterdag, 26 Julie was die dag. Daar was 11 vroue en 'n hele klompie kinders. Die idee is om dit 'n gereelde instelling te maak.




Op die foto bo is van links na regs:
Sonja, Ilze met haar baba, Annatjie en met haar rug na die kamera, Ursula.


Van links na regs op hierdie foto:

Theona, Ilze, Annatjie, Ursula, Joanné, Hilda en haar dogter langs haar en Sonja.


Yolandi is 'n Avon verteenwoordiger en het haar produkte uitgestal.

My scrapbook foto albums was ook uitgestal.


Die groepfoto:

Agter: Hilda, Sonja, Michelle, Ursula en Theona

Middel: Annatjie, Carol, Yolandi en Anine.

Voor: Ilze en Sebil.



'n Bietjie meer oor die dames :

Ursula en Sonja werk saam by Hyundai in Taupo.

Boervroue: Annatjie, Carol, Yolandi, Ilze (Mangakino)

Michelle, Sebil, Fiona en Anine (Tokoroa).

Hilda is op hierdie stadium nog huisvrou. Haar man werk in Tokoroa en hulle bly nog in Taupo.

Sal bietjie meer oor elke huisgesin vertel sodra ek meer weet.

Baie dankie, Yolandi vir 'n baie aangename middag. Ek dink dit was 'n reuse sukses.

Dankie ook aan Sebil vir die fotos.

Saturday 26 July 2008

Ons Nuwe Kar

Ek en Johan het gisteraand Hamilton toe gery om na die Polo te gaan kyk wat ons graag wil koop. Dit is 'n baie lekker karretjie. Met die petrol wat nou so op gaan het ons gekyk vir iets wat lig is op brandstof.




Friday 25 July 2008

Huweliksherdenking

Dit is Piet en Cecile Bredenhann se 10de huweliksherdenking vandag. Baie geluk, julle twee. Mag die volgende 10 baie voorspoedig en vol vreugde, liefde en geluk wees.


Verjaardag

Baie geluk met jou verjaarsdag, Chantelle. Mag jy nog lank gespaar bly vir almal wat vir jou lief is en omgee. Geniet die dag.


Ons probeer iets

Ons het so gesukkel om heel koljander in New Zealand te kry. Ons het by al die Suid Afrikaanse winkels in Auckland en Hamilton gesoek. Hulle het vir ons gesê " hulle mag dit nie dit invoer nie.
Toe my skoonma hier gekuier het, was ek en sy die eendag gou Tokoroa toe, want ek het my hare gaan sny. Ons het toe ook gou in Bin Inn gaan rond loop. Dit is nou 'n plek wat al hulle goed los verkoop. So jy kan die hoeveelheid kry wat jy wil hê.
Om 'n lang storie kort te maak het skoonma die heel koljander op die rak gekry. Ons het sommer alles gekoop wat op die rak was.
Ons het toe gedink en besluit om te kyk of ons die koljander kan laat ontkiem. Dit het toe gewerk en kyk nou net hoe groei dit.



Ek sal julle almal ophoogte hou.

Goeie Nuus

Ek het gisteraand met Ouma en Oupa van der Westhuizen gepraat. Hulle het gebel om Japie geluk te sê met sy verjaarsdag. Toe gee hulle ons die goeie nuus dat oupa Pieter nou skoon is van die prostaat kanker na die chemotherapie inspuitings wat hy gekry het. Hy sê hy voel nou sommer weer baie beter. Ons is baie bly om te hoor dat dit so goed gaan met jullle, Oupa. Ons is baie lief vir julle!

Thursday 24 July 2008

Day Skipper

Julle het seker al gewonder wat het van ons Day Skipper toets geword. Wel, dit het lank geneem, maar uiteindelik het ons dit op die blog. Ek en Johan het ons toets geslaag. Hieronder sien julle dan nou ook ons sertifikate. Ek moet sê : Ek het die manne stof in die oë geskop. Ek het net 4 punte verloor. My tweede gedeelte het ek vol punte gehad. Maar die eerste gedeelte het ek 4 vrae verkeerd gehad. So, uit 70, het ek 66 gehad.
Pieter en Japie moet die toets se tweede gedeelte oordoen. Nou met kalftyd wat begin het, sal dit seker nie gou gebeur nie, maar ons hoop dat hulle dit voor die einde van die jaar sal doen.



Wednesday 23 July 2008

Verjaarsdae


Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons glo die jaar wat voorlê sal vol liefde, vreugde en geluk wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet.


Tuesday 22 July 2008

'n Nuwe Nel

Klein Teunis Nel het die 10de Julie sy opwagting gemaak. Ma en baba is albei gesond.

Ousus Marijke en ouboet Corné is baie trots op die mannetjie. Die smiles sê dit alles!



Ek het nog baie groei om te doen, pappa. My fyne voetjies sal ook eendag so groot en sterk wees soos jou hande!


Die mannetjie het 3,34kg geweeg by geboorte en groei blykbaar soos 'n paddastoel.


Baie geluk Corné en Marietjie. Mag Teunis vir julle net soveel vreugde bring soos die ander twee. Gee tog vir hulle almal 'n drukkie van ons.

Sunday 20 July 2008

Verjaarsdae vir vandag

Baie geluk aan Isabel Hurn met haar 45ste verjaarsdag vandag. Ons glo dat die jaar wat voorlê net vol vreugde en geluk vir jou en jou gesin sal wees.



Jolandi Jacobs verjaar ook vandag. Baie geluk met jou 13de verjaarsdag jong. Ons hoop dat jy 'n lekker dag gaan hê, en dat almal jou lekker gaan bederf.




Dan ook aan Henkie van der Walt wat vandag verjaar. Baie geluk met die verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n lekker dag hê. Ons dink aan jou deur die moeilike tyd en vra dat die Here jou sal sterk maak.

Verjaarsdae en Huweliksherdenkings wat verby is

Aan die volgender paar mense, jammer ons kom nou eers daarby uit om julle geluk te wens.
Aan Erns Labuschagne en ook Anneke Human, baie geluk met julle verjaarsdae wat die 17de Julie was. Hoop julle het 'n wonderlike dag gehad.
Baie geluk aan Japie en Hannah Labuschagne met hulle 4de huweliksherdenking wat die 19de Julie was. Hoop julle het mekaar lekker bederf.Ons glo julle sal nog lank vir mekaar gespaar bly.

Kalfie tyd

Die tyd van die jaar is weer hier. Die koeie begin nou hier by ons te kalf. Johan het my gister gaan wys waar die kalfies is. Ons het nou al so 23 kalfies.
Hier is 'n paar foto's van die kalfies.






Friday 18 July 2008

"Totsiens"

Gister was die lekker kuier van skoonma Carlien op die einde. Ons het haar na Rotorua se lughawe toe gevat.



Op die lughawe het ons nog bietjie ingepak.


Hier sit ons en wag vir die vliegtuig.


Die tasse is oppad om gelaai te word.


Laaste paar minute voor sy gaan vlieg.


Hier is skoonma oppad na die vliegtuig toe.




Daar is die vliegtuig besig om reg te maak om op te styg. Totsiens ma Carlien. Hoop ma gaan 'n rustige vlug hê. Baie dankie vir alles. Gaan ma baie mis. Liefde en groete vir almal in Suid - Afrika.

Thursday 17 July 2008

Timber Museum

Ons het Dinsdag vir 'n uitstappie gegaan na Putaruru se Timber Museum. Dit was baie interessant om al die goed te sien. 'n Mens kan nie glo New Zealand was 'n land wat net uit bome bestaan het nie.