Thursday 10 July 2008

Soort van terug

Ja, 'n verrassing vir almal. Ek was gister in Taupo se Vodafone winkel en het vir ons broadband daar gekry. Gisteraand wil die dingetjie niks weet van werk nie, maar vanoggend verras hy my en connect dadelik. 'n Bietjie stadiger as wat ek gewoond is aan, maar ek sal hom vandag heeldag laat werk en kyk of ek hom gaan hou en of ek maar met Farmside sal gaan. Dit sal egter dan weer 4 tot 5 weke wees voordat ons internet gaan hê. Die spoed wat Farmside het by die kinders, sal ek vergelyk met die spoed van Vodafone s'n. Dan sal ek die besluit maak.
Ons het darem nou ook 'n telefoon gekry. Die nommer is : 00 64 7 212 0654. Dit is ook 'n telefoon van Vodafone wat soos die broadband, wireless werk. Ons moet nog al sy streke leer ken, want partykeer is dit soos 'n selfoon en sny hy af.
Dit is in elk geval lekker om weer te kan gesels, al is dit dalk net vir 'n dag.
Lekker dag vir almal.

No comments: