Wednesday 29 July 2009

Dit is Hannah se verjaarsdag.

31 Julie 2009
Lekker verjaar, Hannah, lekker verjaar. Jy moet lekker verjaar, Hannah, lekker verjaar. Baie geluk. 'n Baie mooi en vreugde volle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.






Lekker verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag op 30 Julie, Nico. Ons bede is dat dit vir jou 'n baie mooi nuwe lewensjaar sal wees, gevul met alles wat mooi is - goeie gesondheid, liefde, geluk en voorspoed. Geniet 'n baie spesiale dag.









Baie geluk ook aan Francois van der Merwe en Phillip Landman wat ook 30 Julie verjaar. Mag dit ook vir julle albei 'n baie mooi jaar wees. Geniet die dag terdeë saam met jul huisgesinne.

Daan verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Daan. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees. Mag jou pad besaai wees met vreugde, voorspoed, geluk en sukses. Geniet 'n baie spesiale dag.




Saturday 25 July 2009

Chantelle verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Chantelle. Mag dit 'n baie wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees. Geniet die dag.

Friday 24 July 2009

Leon en Theresa

Uit Suid Afrika het ons nuus ontvang dat Leon en Theresa verloof is en beplan om einde September te trou. Baie geluk, julle twee. Ons wense is dat julle pad vorentoe besaai sal wees met alles wat mooi is.




Thursday 23 July 2009

Japie verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Japie. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens. Vreugde, voorspoed, geluk en liefde vir die toekoms is ons wense vir jou. Mag jou pad ook besaai wees met sukses. Ons hoop jy word vandag baie bederf deur die 4 vrouens in jou lewe. Geniet 'n baie spesiale dag. Ons is almal baie lief vir jou.





Tuesday 21 July 2009

Huweliksherdenkings

Conrad en Jolene Jordaan vier vandag hul 8ste huweliksherdenking. Baie geluk julle twee. Geniet die dag en bederf mekaar sommer baie. Mag die nuwe huweliksjaar vir julle alles wat mooi is inhou.

Laat gelukwense

Greg het verlede week verjaar en ek het nie by die blog uitgekom om geluk te wens nie, darem op facebook met hom gesels en so geluk gesê. Baie geluk, Greg. Klink my jy is baie bederf. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed, geluk en liefde wees. Ek glo jy het die dag geniet. Liefde hier van ons almal.




Koos en Marinda Strydom het hul huweliksherdenking op 16 Julie gevier. Baie geluk, Julle. Mag dit 'n wonderlike nuwe huweliksjaar vir julle wees. Hoop julle het die dag baie geniet en mekaar bederf.
Anneke Human het op 17 Julie verjaar. Baie geluk, Anneke. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens.
Japie en Hannah Labuschagne het hulle huweliksherdenking op 19 Julie gevier. Ook vir julle wens ons 'n baie gelukkige en voorspoedige nuwe huweliksjaar toe. Glo dat julle die dag baie geniet het.

Monday 20 July 2009

2 Verjaarsdae

Jolandi verjaar vandag. Baie geluk, Ounooi. Mag dit 'n baie mooi nuwe lewensjaar vir jou wees. Mag al jou drome waar word. Ek hoop dat jy vandag sommer lekker bederf gaan word. Geniet die dag.



Poppie Hurn verjaar ook vandag. Baie geluk, Poppie. Hoop die nuwe lewensjaar hou baie beloftes in. Goeie gesondheid, geluk, vreugde en voorspoed word jou toegewens vir die toekoms. Geniet die dag.




Span kreet

Odélia was baie opgewonde dat die skool weer vandag begin. Sy het die naweek besluit om haar span se kreet te oefen. Sy was besig om dit neer te skryf, maar iets moes voorgeval het, want die kreet is nooit voltooi nie. Sy het glad nie kom vra hoe die woorde gespel moes word nie, so daar is foutjies, maar dit lees so:

Two, four, six, eight!

Who do we appreciate?

Not the king, not the queen,

but the Arataki sports Team!


Springboks!


Odéla wys sy skree nog vir die regte span.

Friday 17 July 2009

Nog 'n paar video clips

Ek en Johan het Donderdag gou die Palmkernel trailers na die versies toe gevat. Hulle kry een paddock vir 3 dae met die Palmkernel.





Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag Erns. Mag daar nog baie vir jou wees. Hoop jy gaan jou dag geniet.


Wednesday 15 July 2009

Marilize verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Marilize. 'n Wonderlike jaar vol vreugde, geluk, liefde en voorspoed word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag en ek hoop dat Grant jou lekker bederf.



Tuesday 14 July 2009

Nog 'n verjaarsdag


Vandag is die verjaarsdag van Meisie (Wentzel) Baie geluk, Meisie. Hoop almal gaan jou vandag baie bederf. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet die dag.

Laat verjaarsdag wense

Machell Zitske het die 12de Julie verjaar. Baie geluk Machell. Hoop dat jy die dag baie geniet het. Jammer dat ons nou eers geluk sê. Ons hoop dat die nuwe lewensjaar vol vreugde, vrede, geluk en voorspoed gaan wees.





Lize-Marie Agenbacht het gister, 13 Julie, 4 jaar oud geword. Jammer ons het vergeet van jou verjaarsdag, Lize-Marie. Hoop jy het die dag baie geniet. Mag al jou kinderdrome waar word.

Monday 13 July 2009

Kry alles reg vir die kalf seisoen

Ons is hard besig om alles reg te kry vir die calf seisoen. Hier is ek besig om die goed reg te maak.
Ons het tot op datum al 4 kalfies.




Die melk stal.



Hier is Johan hard besig om te werk. Hy gooi die Cosmax op die silage.


Sunday 12 July 2009

'n Lekker verjaardag partytjie

Ons het die naweek 'n lekker koei verjaardag partytjie gehad. Ruben se SA maatjie Pieter het Vrydag 3 geword.






Saturday 11 July 2009

Verjaarsdagwense

Baie geluk met jou verjaarsdag, Gelomé. Ons hoop jy geniet die dag baie en dat almal jou baie bederf. Mag al jou kinderdrome waar word.




Baie geluk ook aan Jofie Agenbacht met jou verjaarsdag. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.




Dit is ook Frieda Strydom se verjaarsdag vandag. Baie geluk, Frieda. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet die dag.

Friday 10 July 2009

5de Huweliksherdenking

Dit is vandag Johan en Sebil se 5de huweliksherdenking. Baie geluk, julle twee. Gods rykste seën word julle toegewens op jul lewenspad vorentoe. Mag die pad met baie geluk, liefde, vreugde en voorspoed besaai wees. Geniet die dag en bederf mekaar. Ons is baie lief vir julle.



Sebil was ook die afgelope week en die vorige week vir opvolg ondersoeke by haar dokters gewees. Alles gaan baie goed met haar. Daar was geen episodes wat geregistreer het op die defibrilator nie. Daarvoor sê ons groot dank aan ons Hemelse Vader.

Verjaarsdagwense

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Stienie. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Mag jy nog lank vir jou huisgesin gespaar bly. Geniet die dag.



Sunè verjaar ook vandag. Baie geluk, Sunè. Ook vir jou bid ons alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar. Mag elke oomblik gevul wees met liefde, geluk en voorspoed. Geniet elke oomblik van die dag.





Vandag wens ons ook vir Theunis Nel 'n baie gelukkige verjaarsdag toe. Mag jy elke oomblik van die dag geniet en baie bederf word.

Thursday 9 July 2009

Japie, Yolandi, Odèlia, Annika en Joannè


Japie, Yolandi, Odèlia, Annika en Joannè het van Sondag tot Woensdag hier by ons gekuier. Ons het die kuier baie geniet. Die huis was vol lewe en Woensdagmiddag was daar doodse stilte. Ek dink ek het reg as ek sê dat hulle die kuier ook baie geniet het. Hier is 'n paar foto's.


Hier is Joannè by haar baby, Tickle me.







Op hierdie foto is Annika by haar baba, Kiekie.





Odèlia waar jy haar omtrent altyd kry. Vandat sy begin skoolgaan het, skryf sy en lees en hou haar so besig met alles wat sy al geleer het. Ek kan nie glo wat sy as 5 jarige kind al alles kan doen nie. Sinne soos : I am digging in the garden en I like this video Cat and the hat, maak hul verskyning en daar word nie veel met spelling gehelp nie. Sy het gevra hoe spel mens dig en ek het begin met d toe sê sy al ek weet agter kom ing, Ouma.




Later het hulle met die speelklein/deeg gespeel. Kyk net die konsentrasie.





Yolandi het vir Joannè gehelp om 'n gesiggie te maak.




Odélia se twee gesiggies. Sy het alles self gemaak. Die geel gesiggie het tot 'n hoed op die hare.






George Angelides het verjaar

George Angelides het gister, 8 Julie verjaar. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens. Hoop jy het die dag baie geniet.

Monday 6 July 2009

Verjaarsdagwense

Baie geluk Koos Strydom wat sy 50ste verjaarsdag vandag vier. Mag dit 'n baie lekker dag wees. Gods rykste seên word jou toegebid. Hoop jy word lekker bederf.
Jolene Jordaan verjaar ook vandag. Baie geluk, Jolene. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens, vol vreugde, geluk en voorspoed. Geniet die dag.

Friday 3 July 2009

Verjaarsdae



Vandag is George se 60ste verjaarsdag. Baie geluk, Swaer. Mag jy 'n wonderlike dag geniet en baie bederf word. Vir die jare vorentoe wens ons jou strome vol seën van Bo toe. Mag dit net goed gaan. Wens ons kon die feesvieringe bywoon. Geniet elke oomblik daarvan.

Marlie Hurn verjaar ook vandag. Baie geluk, Marlie. Hoop al jou drome word waar. Geniet 'n baie spesiale dag en mag die jare vorentoe en vreugde en geluk inhou.

Dit is ook Ruan Delport se sewende verjaarsdag. Baie geluk, Ruan. Geniet die dag en mag die jare vorentoe alles wat mooi is inhou. Hoop jy word lekker bederf.