Friday 31 December 2010

Nuwe jaar

En so kom ons aan die einde van nog 'n jaar. 2010 is verby en môre begin 2011. Ons wense vir almal is dat die nuwe jaar vol van al die mooi dinge in die lewe sal wees. Mag die beste van 2010, die slegste in 2011 wees. Ons mis dit om saam met julle die ou jaar te kan uitgaan en die nuwe in te gaan. Weet dat ons in ons gedagtes daar by julle is. Geniet die laaste dat van die ou jaar. En gaan 'n nuwe jaar in gevul met geluk, gesondheid, vreugde, voorspoed, vrede en liefde. Lief vir julle almal.

31 Desember 2010

Ouma Jo verjaar.
Happy birthday to you,
Happy birthday to you,
Happy birthday, dear Jo-anne
Happy birthday to you.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Jo-anne. Mag die toekoms gevul wees met rose (sonder dorings). 'n Nuwe jaar vol van al die mooi in die lewe word jou toegewens. Hoop dat Bes jou sommer baie gaan bederf. Geniet 'n baie besonderse dag. Liefde.




Dit is vandag ook Heinrich se verjaarsdag. Baie geluk, Heinrich. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe. Dit is lekker om op die ou jaar te verjaar, want dan kry jy altyd 'n lekker partytjie. Geniet elke oomblik van die dag en ek is seker dat jy baie bederf gaan word.



30 Desember 2010

Ouma Miemie verjaar. Hier by ons is dit al 31ste maar by julle nog 30ste. Baie geluk, Miemie. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met geluk, liefde, vreugde, voorspoed en seën. Ek is seker jy het 'n baie lekker dag geniet en dat jy sommer baie bederf is. Liefde.



Daleen Wentzel het ook vandag verjaar. Baie geluk, Daleen. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar.

28 Desember 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Therine. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met al die mooi in die lewe. Hoop jy het die dag baie geniet en dat jy baie bederf is.





WC het ook vandag verjaar. Baie geluk, WC. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuewe lewensjaar.


Saturday 25 December 2010

Ou Kersdag

Nou toe dit is al weer sulke tyd.
Kersfees!!!!!!!



Ons het die dag almal by Japie en Yolandi hulle gekuier.



Die kinders het lekker gespeel.



Kersvader het ook gou vir ons kom hello sê.


En ook vir ons persentjies saam gebring.



Baie dankie Kersvader vir ons persentjies.



Chanel en Daleen



Yolandi en Japie



Vinkel en Koljander
Annika en Ruben


Persente tyd.



Baie dankie Japie nen Yolandi, dit was 'n baie lekker aand gewees.

Baie geseënde Kersefees vir almal. Mag dit vir elkeen 'n ware Christus fees wees. Mis julle almal en verlang baie. Geniet 'n dag saam met vriende en familie.



23 Desember 2010

Marelize Labuschagne het vandag haar geboortedag herdenk. Baie geluk, Marelize. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou. Hoop dat jy 'n baie besonderse dag geniet het.

Wednesday 22 December 2010

Daan en Clara se huweliksherdenking

Baie geluk met julle huweliksherdenking. Mag die toekoms vir julle alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besonderse dag en bederf mekaar!!!!!!!!!!
Lief vir julle.





Tuesday 21 December 2010

Odélia

Odélia het gister huistoe gekom. Sy kry nog die antibiotika deur die pickline en die behandeling sal vir 6 weke duur. Sy moet haar baie stil gedra en die medisyne word deur Yolandi gegee. Ons bid vir hulle sterkte en spoedige beterskap toe. Dit is 'n groot verantwoordelikheid.
Baie dankie vir almal se gebede en beterskap wense. Dra haar asseblief nogsteeds op in julle gebede.
Lief vir jou Diela.

Verjaarsdae

21 Desember 2010
Geluk met jou verjaarsdag, Marinda. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met al die mooi van die lewe. Geniet 'n baie lekker dag en ek glo dat Koos jou sommer baie gaan bederf.



Vandag is ook Isabel se verjaarsdag. Veels geluk met die herdenking van jou geboortedag, Isabel. Ook wens ons vir jou 'n wonderlike jaar toe, gevul met vreugde, geluk en liefde. Geniet 'n baie besonderse dag.


20 Desember 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Elize. 'n Besonderse nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met al die mooi in die lewe. Hoop jy het die dag baie geniet.



19 Desember 2010

Piet Botha van Namibië het vandag verjaar. Baie geluk, Piet. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens.
Baie geluk ook aan Willemien Coetzee wat vandag verjaar het. Ook vir jou wens on net die mooiste toe.

Saturday 18 December 2010

Odélia in die hospitaal


Na 3 en 'n half jaar het die ou gogga weer sy verskyning gemaak. Odélia is gister in Rotorua in die hospitaal opgeneem. Hulle het eers net bloed getrek en xtrale geneem, maar het besluit dat sy gister moes terugkom vir 'n MRI Scan. Die scan het toe gewys dat sy weer Osteomilitis in haar elmboog van haar regterarm het. Sy kry vandag 'n pickline in en kry al van gister af 'n breë spektrum antibiotika om te keer dat dit 'n sweer maak, want dan sal hulle moet opereer.
Bid saam met ons, asseblief dat dit hierdie keer sal opklaar en nie weer sal te voorskyn kom nie.
Ons is lief vir jou, Diela en glo dat liewe Jesus jou weer sal gesond maak en dat jy Kersfees by die huis sal wees saam met ons.

Verjaarsdag en huweliksherdenkings

Veels geluk, liewe Sussie omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Baie geluk, Evette. Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met alles wat jou hart begeer. Vreugde, voorspoed, liefde en geluk word jou toegewens. Hoop jy geniet 'n baie besonderse dag. Lief vir jou. Baie dankie vir alles wat jy vir ons doen. Ons waardeer dit opreg.



Nas en Amanda en Awie en Hettie vier vandag almal hul huweliksherdenking. Baie geluk julle. 'n Toekoms vol vreugde en voorspoed word julle toegewens. Geniet die dag.

Verjaarsdae

16 Desember 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag Hendrien (van der Merwe) Mag die nuwe lewensjaar net voorspoed, geluk en vreugde inhou.
15 Desember 2010
Op hierdie dag het Hettie Nel (Poon) haar verjaarsdag gevier. Baie geluk, Hettie. 'n Nuwe lewensjaar vol van al die mooi in die lewe word jou toegewens.
14 Desember 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Allegra (Wiid). Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy is baie bederf op jou verjaarsdag.

13 Desember 2010

Baie geluk met jul 37ste huweliksherdenking, Danie en Miemie. 'n Toekoms gevul met al die mooi in die lewe word julle toegewens. Hoop julle het die dag geniet en mekaar baie bederf.
Kyk hoe klein is Ruben hier. Ons sal definitief 'n nuwe foto moet kry.



Baie geluk met jou verjaarsdag, Bennie. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met geluk, vreugde en voorspoed.
Jammer ons is 'n bietjie laat. Hoop jy het die dag baie geniet.




Saturday 11 December 2010

Verjaarsdag en huweliksherdenkings

Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Andries. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens. Geniet 'n baie besonderse dag.
Baie geluk met jul huweliksherdenking vandag, Japie en Suné. 'n Toekoms vol liefde, geluk en voorspoed word julle toegewens. Geniet die dag en bederf mekaar sommer baie.



Baie geluk, Nico en Doreen van der Merwe wat ook vandag hul huweliksherdenking vier. Mag die toekoms besaai wees met rose (sonder dorings) Geniet die dag.

Friday 10 December 2010

10 Desember 2010

As ek reg het, is julle twee vandag al 15. Hierdie foto laat nie reg geskied nie. Stuur tog asseblief vir ons 'n ander een.
Baie geluk Nicole en Michelle Redelinghuys, met julle verjaarsdag vandag. Het julle so lanklaas gesien, dit is hoekom die foto so oud is. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word julle toegewens. Gevul met liefde, vreugde, geluk en voorspoed. Geniet 'n baie lekker dag. (En onthou asseblief die nuwe foto.)


Baie geluk ook aan Marlene van Dalen wat vandag verjaar. Hoop ook dat jy 'n wonderlike nuwe lewensjaar sal hê. Geniet die dag.

9 Desember 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Bernard. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi is. Hoop jy het die dag geniet.




Magaretha vier ook haar verjaarsdag. Baie geluk Magaretha. Ons wense vir jou is ook 'n nuwe lewensjaar gevul met liefde, vreugde en vrede.

Wednesday 8 December 2010

Verjaarsdag en huweliksherdenking

Veels geluk, liewe Danté omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.

Geniet 'n baie lekker dag!!!!!!!!!!!!!!!!






Baie geluk, Rudolph en Therene met julle huweliksherdenking. Mag die toekoms net vreugde en vrede vir julle inhou. Geniet die dag en bederf mekaar.

Sunday 5 December 2010

Odélia is 7






Sjoe, Diela, jy word nou 'n groot meisiekind - 7 jaar oud vandag. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word. Bly altyd so 'n pragtige klein mensie soos jy nou is. Ons het gister lekker partytjie gehou en kon sien jy het dit ook geniet. Nogmaals, baie geluk. Ons het dit ook geniet om vandag weer saam met julle almal te kuier. Ons is almal baie lief vir jou.

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Hester (Kath/Holtzhauzen) Mag die jaar wat voorlê net die mooi van die lewe inhou. Genit 'n baie besonderse dag.
Baie geluk ook El-rez de Buys met jou verjaarsdag. Ook vir jou wens ons net die mooiste toe vir die nuwe lewensjaar. Hoop jy word baie bederf. Geniet die dag.
Gideon Strydom vier ook vandag sy verjaarsdag. Baie geluk, Gideon. Ook vir jou is ons wense 'n baie mooi nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is. Geniet die dag.

Huweliksherdenkings

Dit is vandag Kobus en Amanda se huweliksherdenking. Baie geluk, julle. Mag die nuwe huweliksjaar gevul wees met alles wat mooi is. Geniet die dag. Liefde.




Baie geluk met jul huweliksherdenking, Gert en Marinda. Mag die toekoms vir julle alles wat mooi is inhou. Geniet die dag en bederf mekaar sommer baie.
.