Saturday 18 December 2010

Odélia in die hospitaal


Na 3 en 'n half jaar het die ou gogga weer sy verskyning gemaak. Odélia is gister in Rotorua in die hospitaal opgeneem. Hulle het eers net bloed getrek en xtrale geneem, maar het besluit dat sy gister moes terugkom vir 'n MRI Scan. Die scan het toe gewys dat sy weer Osteomilitis in haar elmboog van haar regterarm het. Sy kry vandag 'n pickline in en kry al van gister af 'n breë spektrum antibiotika om te keer dat dit 'n sweer maak, want dan sal hulle moet opereer.
Bid saam met ons, asseblief dat dit hierdie keer sal opklaar en nie weer sal te voorskyn kom nie.
Ons is lief vir jou, Diela en glo dat liewe Jesus jou weer sal gesond maak en dat jy Kersfees by die huis sal wees saam met ons.

No comments: