Tuesday 31 July 2012

Uiteindelik weer terug.


Hallo almal.  Ja na 'n lang droogte, is ek weer terug.  Hopenlik vir goed.  Vir almal wat na 22 April verjaar het.  Baie geluk.  Mag die nuwe lewenjaar net die mooiste vir julle inhou.  Ook aan die wat hul huweliksherdenkings gevier het, baie geluk.  Sommer aan almal wat 'n spesiale geleentheid gehad het, hoop julle het dit baie geniet.  Ek sal probeer om nou ten minste een keer per week weer met julle te gesels.  Hou vir my duimvas, sodat ek by my belofte kan bly.