Tuesday 30 September 2008

Sebil se operasie

Na 'n lang wag, en toe nog 'n uitstel van die operasie vir 'n week, het die dag uiteindelik aangebreek. Sebil was baie kalm en het op 'n kol gevra : Ek wonder wat makeer my, want ek is so rustig en gladnie bang nie.


Ons weet almal hoekom sy nie bang was nie. Ja, al ons gebede om kalmte en rustigheid is verhoor.


Sy is geopereer in die Braermar Hospitaal in Hamilton.


Sebil en Johan in die ontvangswagkamer van die hospitaal.




Klaar haar nagrokkie aan en reg vir die operasie.



Kath, die hospitaal manager, besig om met Sebil te gesels.



Hierdie foto, spesiaal vir Odélia, om te wys dat Zippies ook 'n picklyn ingehad het.



Rose, 'n terapeut, wat die defribillator nou elke 3 maande gaan toets. Die eerste besoek is oor 6 weke en dan elke 3 maande. Tensy, daar natuurlik tussenin 'n skok plaasvind, of iets buitengewoons gebeur waaroor Sebil bekommerd is, dan moet sy 'n afspraak maak, sodat hulle haar met die toetsapparaat kan ondersoek.



Brian, die narkotiseer saam met Sebil.



Jaco Reyneke, ons predikant saam met Sebil net voor sy na die operasiesaal is. Hy was die hele tyd by ons gewees. Vanaf 4uur die middag, toe was hy vir 'n uur weg gewees om ons alleentyd te gee. Hy het weer 6uur teruggekeer en al die tyd by ons gebly tot na 11uur gisteraand. Daarna moes hy nog 2 ure terugry na Tauranga toe. Baie dankie, Jaco. Ons waardeer dit werklik.



Sharie het Sebil na die operasiesaal vergesel.


Susan, hier saam met Sebil en Johan op die foto, het haar deur die nag verpleeg.




Net uit die operasiesaal. Voel gladnie lekker nie. Was naar en het gehoes van die pyp wat in haar keel was vir narkose. Dit het die eina in die skouer en die naarheid gladnie beter gemaak nie. Eerste ding wat sy wou weet : Hoekom het dit langer as 2 ure geneem en ek soek my pille. Ek moes al my pille gedrink het. Deur alles heen, neem sy nogsteeds alles waar.



Die sny met 'n pleister op. Hulle het gesê dat die sny 2duim sal wees. Met hierdie pleister op, het dit baie langer gelyk. Toe die pleister verwyder het, was die sny ongeveer 2 duim gewees.





Sebil wou natuurlik nie gisteraand toelaat dat Johan saam met ons by die motel gaan slaap nie. Hy het die nag op 'n lazyboy in die kamer deurgebring.




Vanoggend toe ons by die hospitaal aankom, was Sebil en Johan albei wakker. Ons het darem 'n glimlag van haar gekry. Sy het 'n goeie nagrus gehad. Was aanvanklik baie naar, maar het later rustig geword. Hulle het haar elke halfuur kom monitor, so sy het ook seker nie die hele tyd geslaap nie.







Johan en Sebil geniet hulle ontbyt.



Rose kon nie vanoggend die apparaat kom toets nie. Geor het dit kom doen.

In die foto op die stoel is die toetsapparaat. Dit word op die linkerskouer geplaas totdat 'n groen liggie skyn. Dit beteken dat die defribillator en die toets apparaat met mekaar kommunikeer.



Hulle het haar hartklop laat opgaan - d.m.v. die apparaat- tot 98 kloppe per minuut.


Volgens al die uitdrukke wat op die rekenaar gedoen is, het hulle besluit dat die apparaat werk en alles reg is.




Op die laaste foto is dr. Spencer Heald en Sue saam met haar. Dr. Spencer het die operasie gedoen. Hy is baie tevrede met haar.

Hy het 'n opmerking gemaak van : Ek kan nie glo dat sy nie al vroeër probleme gehad het nie. Haar hart het baie gou ophou klop met die toetse wat hulle gedoen het.





Tydens die operasie het hy ook agter gekom dat die oorspronklike apparaat wat hy wou inplant nie die werk sal kan doen nie. Hulle het toe besluit om 'n sterker energievlak apparaat in te plant. Hierdie apparaat se battery hou ook langer - so ongeveer 9 jaar. Dan sal hulle die battery moet vervang en sal dan ook kyk na die draadjie wat in die hart ingeplant is.


As julle mooi kyk, kan julle die sny op die linkerskouer sien.



Ons dank ons HEMELSE VADER dat hy tydens die operasie, die nag van herstel en nogsteeds oor Sebil waak. Ook dat Hy aan die dokter uitgewys het dat die oorspronklike apparaat nie sterk genoeg is nie.


Baie dankie ook aan almal wat smsse gestuur het, gebel het en self daar was. Ons waardeer dit baie.


Die familie.

Sebil se vordering

Ek is vanoggend baie dankbaar om te kan rapporteer dat dit met Sebil baie goed gaan. Sy is toe gisteraand eers heelwat later teater toe as wat beplan was. Gedurende die operasie, toe die dokters die apparaat toets, was hulle nie heeltemal tevrede nie, en het toe besluit om 'n effense groter apparaatjie te gebruik. Die een werk blykbaar nou perfek en toe ek bel was die dokter juis by haar om dit weer te toets. Nou ja, nou gaan hulle net al die nodig dingetjies afhandel, en dan is hulle op pad huistoe. Dit is vir ons baie goeie nuus en ons dank die Here daarvoor.
Ons sien jou vanmiddag, Sibs. Die meisiekinders kannie wag om vir jou te kom kuier nie. Jy gaan nou lekker bederf word by die huis. Lief vir jou.
Van ons almal.

Monday 29 September 2008

Sebil se operasie

Sebil word dan nou vanaand in Hamilton geopereer.


Sibs, ons wil hê jy moet weet dat jy vandag in ons almal se gebede is. Ons weet dat Vader jou sal dra deur die operasie en ons bid dat Hy die dokters sal lei. Ons wens jou 'n spoedige herstel toe. Ons is almal baie lief vir jou. Baie sterkte.
Dankie, Yolandi. Ons wil vir Sebil ook baie sterkte toewens. Ons sal saam met jou daar in Hamilton wees. Ons glo ook saam met almal wat vir jou lief is dat die Here jou baie styf sal vashou en dat jy môre al sal kan huistoe kom.
Baie dankie, Johan dat jy Sebil so ondersteun.
Ons is lief vir julle. Pa en Ma.

Daylight saving

Hi julle almal in sonnige Suid-Afrika en al ons vriende elders. Ons wil julle net laat weet dat ons daylight saving weer gister begin het. Dit beteken dat ons horlosies nou een uur aangeskuif het. Ons almal het 'n uur slaap verloor en die kinders gaan nou bietjie sukkel om te gaan slaap as die sonnetjie nog skyn, maar dit is nou maar so. Ons is dus nou 11 ure voor SA tyd. Groete sommer vir almal vir wie ons lief is.

Nog 'n verjaarsdag en 'n huweliksherdenking

Baie geluk Louis en Anna Wessels met die herdenking van julle troudag. Baie mooi jare, vol van vreugde, voorspoed en geluk word julle toegewens.
Op die foto is :
Andries (skoonseun), Anna, Anneke (dogter) en Louis






Geluk, Ané Agenbach met jou verjaarsdag. 'n Baie mooi en vreugde volle nuwe lewensjaar word jou toegebid.

My peetma (Hettie Erasmus) verjaar

Baie geluk met jou 68ste verjaarsdag, Doll. Gods rykste seën word jou toegebid vir die jare vorentoe. Mag dit jare vol liefde, geluk, vreugde, voorspoed en goeie gesondheid wees. Liefde van ons almal.

Saturday 27 September 2008

Daylight Savings

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Vannag verloor ons 'n uur. Met ander woorde ons staan môre oggend 'n uur vroeër op. Van môre af is ons 11 ure voor Suid Afrika en nie meer 10 ure nie.

Izette verjaar


Baie geluk met jou verjaarsdag, Izette. Mag dit 'n baie mooi jaar vol vreugde, geluk en liefde vir jou wees. Mag die swangerskap goed afloop. Geniet die dag. En ja, laat hulle jou maar 'n bietjie bederf. Liefde.

Ruben speel rugby

Terwyl Ruben gedurende die week by my gebly het, het hy bietjie rugby gespeel. Oupa Danie en ouma Miemie het vir hom 'n rugbybal van Suid-Afrika af gestuur. Baie in sy noppies daarmee. Nou wil hy net rabit (dit is nou rugby) speel.



Ons kon op een voorwaarde gaan rugby speel en dit is as hy sy hoed opsit. Hy het gedurende die winter so gewoond geraak aan sy beanie, dat hy nie nou sy ander hoedjies wil opsit nie.



Rugby het gewen en hy het sy hoed opgesit om te gaan speel.




Die bal is geskop; gaan haal; weer geskop en dit was 'n fees. Dit is net jammer dat daar nie gras is nie, anders sou dit nog lekkerder gewees het.







Hy het die bal mooi tussen die plantjies gaan sit en gesê : Gatjie, klaar, klaar. En dit was dan nou die einde van die rugby speel.




Dankie, Oupa Danie en Ouma Miemie, ek gaan hierdie bal nog stukkend speel. Liefde van Ruben.

Friday 26 September 2008

Crispin Sloan is 3 jaar oud

Veels geluk, liewe Crispin, omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.
Baie geluk, ou seun. Ons het jou nog net as baba gesien. Jy is nou al 'n yslike 3 jaar oud. Pappa, Mamma en Sussies moet jou baie bederf. Mag al jou kinderdrome waar word. Liefde van ons almal.

Ruben

Ruben mag, as gevolg van sy maagwerkings, eers op die 10de dag weer dagsorg toe gaan. Die dokters het 'n nota na dagsorg en kindies gestuur om te sê dat die kiem 'n 10dae kiem is. Met die gevolg, hy kuier nog by Ouma. Ouma gee ook nou nie kalfies melk nie.



Dit is sulke lekker dae en ek het dit reggekry dat hy sy hoed opsit, om buite te gaan speel. Tuinvurkie en -grafie het ek ook nie, maar ons het sommer ou vurke en lepels gevat om te kan speel in die grond.



Hier is hy hard besig om die vuilgoed tussen Ouma se plantjies uit te spit.






Klaar gewerk, en hy "pose" vir 'n foto langs Oupa se bakkie.




Ons het nog gladnie gras rondom die huise nie. Die landscape argitek was verlede week hier en het gesê oor so 3 weke sal hulle begin plant.


Presies wat hulle gaan plant weet ek nie, maar nou ja, ek verstaan hulle gaan dan begin tuinmaak. Ons wag maar en sien wat gaan gebeur.

Thursday 25 September 2008

Gelukwensing

Baie geluk met jou verjaarsdag, Maryke. Ons bid jou alles wat mooi is toe vir die volgende lewens jaar en al die jare vorentoe. Geniet jou dag.





33ste Huweliksherdenking ete

Ons het almal Saterdagaand gaan uiteet om die huweliksherdenking te vier. In Mangakino is 'n RSA restaurant waar ons gaan eet het.
Ek is nie seker wat ek in my kies weggesteek het nie, maar soos julle kan sien het ons almal baie lekker geëet.
Annatjie, Odélia en Daleen
Yolandi, Japie, Hekkie, Pieter en Johan.


Sebil was natuurlik weer die fotograaf gewees. Dankie Zibs.

Wednesday 24 September 2008

Afrikaanse vrou tee

Ons het weer 'n Suid Afrikaanse vroue tee Dinsdag oggend gehad. Die vrou wat dit gereël het bly in Tokoroa en ons het sommer by haar huis bymekaar gekom.






Van die links voor af: Estelle en haar dogtertjie, Bianca, Rina, Michelle, Cherié en haar dogtertjie



Agter: Ma Annatjie, Ruben en Theona








Julle sien Sebil maar min op die fotos, want sy is ons fotograaf.

Tuesday 23 September 2008

Verse gespuit

Ek, Pieter, Johan en Sebil het gister met ons verse gaan werk. Hulle is gespuit, geweeg en ons het ook seker gemaak dat ons al die nommers het. Dit is nogal 'n groot werk, veral as die son so lekker warm geskyn het.

Daar is so ongeveer 222 verse waarmee gewerk moes word. Bo is die eerste groep, die groter groep - hulle weeg so ongeveer 220 - 240kg.

Onder is die tweede groep. Hulle weeg so ongeveer 150 - 200kg.



Ruben het 'n bietjie van 'n loop maag oor die naweek gehad, en mag dan nadat die magie gestop het, 48 uur later eers weer teruggaan dagsorg toe. Hy het toe gister by ons gekuier en is saam. Die kêps op die kop, het nie lank gewerk nie. Dan sê hy net klaar, klaar, klaar en haal hom af. Hy glo die beanie op die kop is genoeg om die son ook te keer.

Sebil het die skryfwerk gedoen. Ek, Pieter en Johan het met die koeie gewerk. Hulle het natuurlik die gevaarliker werk gedoen en ek het meer gehelp om in te jaag en nommers te vat.

Ruben het 'n nood gehad en Oupa was die naaste om te help. Gou het hy ook geroep : Waar is die kamera?

Monday 22 September 2008

Anne - Rentia is 8 jaar oud vandag



Veels geluk, liewe maatjie, omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Geniet 'n wonderlike dag saam met almal wat vir jou lief is. Ek hoop hulle bederf jou baie.










Sunday 21 September 2008

Nuwe toevoeging tot die Strydom familie

Baie geluk aan Nass en Amanda Hofman met die nuwe babatjie wat oppad is. Ons hoop alles gaan goed gaan met die swangerskap. Baie sterkte en ons dink aan julle.


Baie geluk Gert

Baie geluk met jou 39ste verjaarsdag Gert. Mag die jaar vir jou vol vreugde en geluk wees. Ons hoop dat jy die dag baie gaan geniet saam met jou gesin.




Saturday 20 September 2008

Baie geluk Oupa en Ouma


Baie geluk Pa en Ma met julle 33ste huweliksherdenking. Mag julle ryklik vir ons geseën bly. Hoop julle gaan die dag saam met ons en die kleinkinders geniet. Ons is baie lief vir julle.

Verjaarsdag vandag

Baie geluk Jaco Buitendag met jou verjaarsdag vandag. Mag die jaar vol geluk vir jou wees. Hoop jy gaan die dag geniet.


Friday 19 September 2008

Meer inligting oor my operasie

Ek was die 16de Sept. vir 'n ondersoek by my hartspesialis in Hamilton. Hy het ons toe 'n bietjie meer ingelig rondom die operasie. Die operasie was geskeduleer vir Maandag 22ste Sept. maar hulle het hom met 'n week uitgestel, omdat die hospitaal nie al die items in voorraad hou nie. Ek word nou eers 29 Sept. gedoen.






Hier is 'n prentjie van 'n hart waarmee hy ons verduidelik het waar die apparaat gaan wees en in water hartkamer die draadjie ingesit gaan word. Verskoon net al die gekrapery op die prentjie, maar dit was die dokter gewees.


Soos ons almal weet het die hart 4 kamers naamlik, Right Atrium, Left Atrium, Right Ventricle en Left Ventricle.



Die defibrillator apparaat word bo links onder my skouerbeen ingeplant. Dan gaan daar 'n draadjie vanaf die apparaat na my hart toe. Hy gaan in die Right Ventricle kamer van my hart in gaan.
Alles klink baie ingewikkeld, maar die operasie sal ongeveer 'n uur duur. Ek kan dan die volgende dag al huistoe gaan.
Ons glo en vertrou dat alles goed sal gaan, maar bid asseblief saam met ons.

Nig en agter klein Nefie verjaar saam

Vandag verjaar Hettie. Baie geluk ou nig. Ons bid dat die jaar net voorspoed en geluk vir jou sal in hou. Hoop jy gaan 'n wonderlike dag hê. Ons sal aan jou dink.





Dan verjaar klein Leon ook vandag. Baie geluk met jou 12de verjaarsdag. Mag daar nog baie gelukkige en voorspoedige jare vir jou wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet. Pappa en Mamma moet jou lekker bederf.