Friday 27 November 2009

Ryno verjaar.


Sjoe, Ryno, kan jy al 12 wees. Baie geluk, Seun. Baie geluk ook met al jou skoolprestasies. Mag al jou drome waar word en mag jou nuwe lewensjaar besaai wees met alles wat mooi is - geluk, liefde, vreugde en voorspoed. Geniet die dag. Liefde.

Grant en Marilize se huweliksherdenking.

Baie geluk met jul 4de huweliksherdenking. Gods rykste seën word julle toegebid op jul huwelikspad vorentoe. Geniet die dag en bederf mekaar.

JJ was gister 6

Baie geluk met jou verjaarsdag gister, JJ. Hoop jy het die dag sommer baie geniet.

Wednesday 25 November 2009

Verjaarsdae

Baie geluk aan tannie Hessie Hayward wat vandag verjaar. Gods rykste seën word Tannie toegebid. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou; goeie gesondheid, geluk, voorspoed en liefde. Geniet 'n baie spesiale dag.
Rochelle Nel verjaar vandag. Baie geluk. Mag die toekoms alles wat mooi is inhou. Hoop jy geniet die dag.



Klein Karla Strydom verjaar ook vandag. Baie geluk Ounooi. Hoop jy word lekker bederf en dat al jou kinderdrome sal waar word. Geniet die dag.



Joyce Olivier het gister verjaar. Jammer ons is 'n dag te laat. Baie geluk, Joyce. 'n Nuwe lewensjaar vol van alles wat mooi is word jou toegewens. Hoop jy het die dag geniet.





Tuesday 24 November 2009

Trotse ouboet

DAAR IS NIE NODIG VIR WOORDE NIE, DIE GESIG SE ALLES!

Monday 23 November 2009

3 Manne wat vandag verjaar

Baie geluk aan ouboet Louis Nortje wat vandag sy 66ste herdenking van sy geboorte dag vier. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie besondere dag.


Danie du Plessis verjaar ook vandag. Ons wense vir jou is ook dat die nuwe lewensjaar vir jou alles wat mooi is sal inhou. Hoop dat jy vandag sommer baie bederf gaan word. Geniet die dag.




Gerhard van Vuuren verjaar ook vandag. Baie geluk Gerhard. Mag jou nuwe lewensjaar ook gevul wees met mooi dinge. Geniet 'n baie besondere dag.

Sunday 22 November 2009

Nog 'n paar foto's van Chanel


Ons nuwe niggie!

Ons het gister vir Daleen en baba Chanel in die Hospitaal gaan kuier. Die meisiekinders is baie opgewonde oor hulle nuwe niggie! Wil haar net heeltyd vashou. Ouboet Ruben gaan haar moet oppas, want hierdie klompie wil haar sommer huistoe vat! Hulle het hulle kansie saam met haar goed benut terwyl Hekkie en Ruben gou huistoe is vir 'n ruskansie.



Baie baie geluk Hekkie, Daleen en Ruben. Mag Chanel vir julle 'n groot vreugde wees. Sy is pragtig! Baie geluk ook Oupa Danie, Ouma Miemie, Oupa Pieter en Ouma Annatjie. Julle word darem nou skatryk met al dié kleinkinders! Lekker bederf, hoor.

Saturday 21 November 2009

Chanel du Plessis is gebore.

Chanel du Plessis is vanoggend, 21 November 2009, om 01:53 gebore. Sy het 3.25kg geweeg en is 50cm lank.
Baie geluk, Hekkie, Daleen en Ruben. Mag sy jul huis vul met vreugde, geluk en liefde. Pas haar mooi op en geniet haar elke oomblik. Liefde.
Ons sal later foto's opsit.

Verjaarsdae


Baie geluk, Gielie met jou verjaarsdag. 'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.
Vandag verjaar Rina Strydom ook. Baie geluk, Rina. Gods rykste seën word jou toegebid. Geniet 'n baie besondere dag.

Friday 20 November 2009

Verjaardagwense

Dit is vandag Marijon se verjaarsdag. Baie geluk, Marijon. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi is - liefde, geluk en voorspoed. Geniet 'n baie spesiale dag.


Marthie Albasini verjaar ook vandag. Vir jou wens ook 'n baie mooi nuwe lewensjaar toe. Mag dit gevul wees met alles wat mooi is. Geniet 'n besondere dag.



Josua Erasmus verjaar ook vandag. Baie geluk, Josua. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word ook vir jou toegewens. Geniet die dag.

Wednesday 18 November 2009

Liezel verjaar


Baie geluk met jou verjaarsdag, Liezel. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.

Tuesday 17 November 2009

Verjaarsdae

Jacques verjaar vandag. Baie geluk, Jacques. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi is. Geniet die dag. Liefde.




Nadia verjaar vandag. Baie geluk, Nallas. Mag dit 'n baie mooi en voorspoedige nuwe lewensjaar vir jou wees. Ek hoop jy word lekker bederf. Geniet die vakansie. Baie sterkte met al die swattings. Geniet die dag. Liefde.


Monday 16 November 2009

Gelukwensings

Johan Toerien vier vandag sy verjaarsdag. Baie geluk, Johan. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, vol vreugde, voorspoed en geluk. Geniet die dag.




Hannes en Karmen vier vandag hul 13de huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. 'n Baie voorspoedige en gelukkige toekoms word julle toegewens. Geniet die dag en bederf mekaar.


Barend en Fransisca vier vandag ook hul 7de huweliksherdenking. Baie geluk ook aan julle twee. 'n Baie mooi en vreugdevolle toekoms saam word julle toegewens. Mag die pad vorentoe besaai wees met alles wat mooi is. Geniet die dag.








Sunday 15 November 2009

Joleen verjaar

Joleen verjaar vandag. Baie geluk, Ounooi. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, vol vreugde, voorspoed en geluk. Mag al jou drome waar word. Dit was so lekker om jou met ons kuier in Suid Afrika te sien. Jy word nou 'n pragtige jong meisie. Geniet die dag en ek hoop Pappa bederf jou baie. Lief vir jou.



Saturday 14 November 2009

Clara, Amanda en Arno verjaar

My sus, Clara Harmse verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jare wat voorlê gevul wees met alles wat mooi is. Liefde, geluk, voorspoed en vreugde word jou toegewens. Ek hoop jou familie bederf jou vandag sommer baie. Jy verdien dit. Geniet 'n baie besondere dag. Wens ons was daar om dit saam met jou te vier. Lief vir jou.



My vriendin, Amanda Bredenhann, verjaar ook vandag. Baie geluk, Manda. Ons wense vir jou is ook alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar. Gods rykste seën word ook vir jou toegebid. Hoop Jan bederf jou vandag. Liefde.


Dan verjaar neef Arno Strydom ook vandag. Baie geluk, Arno. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid. Geniet die dag.

Wednesday 11 November 2009

Marais verjaar vandag


Marais Osbourne, een van ons Suid-Afrikaanse vriende hier in New Zealand, verjaar vandag. Baie geluk, Marais. Hoop jy geniet die dag terdeë. Gods rykste seën word jou toegebid. Frances sê jy word vanaand bederf met jou gunsteling maaltyd. Geniet dit.

Tuesday 10 November 2009

Verjaarsdae en huweliksherdenkings



Marolize Pieterse verjaar vandag. Baie geluk, Ounooi. Mag dit vir jou 'n baie mooi dag wees. Alles wat mooi is vir die jaar vorentoe.



Phillip en Sanet Landman het gister hul 16de huweliksherdenking gevier. Hoop julle het die dag geniet. 'n Mooi toekoms word julle toegewens.




Môre, 11 November, verjaar Francois Strydom. Baie geluk, Francois. 'n Mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, vol vreugde, vrede en geluk. Geniet die dag.






Anton en Una Agenbacht was op 7 November 6 jaar getroud. Baie geluk, julle. Hoop dat julle die dag baie geniet het. Mag die pad vorentoe besaai wees met alles wat mooi is.


Sunday 8 November 2009

Piet Strydom verjaar.



Piet Strydom het 7 November verjaar. Baie geluk, Piet. Ons hoop dat jy die dag baie geniet het. Gods rykste seën word jou toegebid op jou lewenspad vorentoe.

Friday 6 November 2009

Paar foto's van die plaas

Dis weer sulke tyd. Ons moet nou 980 koeie KI.



Laas week Frydag het dit bietjie hier by ons gehael.




Die bulldozer het van ons races kom reg maak.







Tuesday 3 November 2009

Verjaarsdae

Hetta Jordaan is vandag 57 jaar oud. Baie geluk, Hetta. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag jy nog lank vir jou familie gespaar bly. Geniet 'n baie besondere dag.



Sanet Landman verjaar ook vandag. Baie geluk, Sanet. Geniet 'n baie besondere dag. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.

Monday 2 November 2009

Odélia in die Koerant!

Toe Pappa Japie vir Odélia roep om te wys dat sy die koerant gehaal het, het sy na my toe gehardloop en gesê: " Mamma, kan jy glo! Ek is so 'n klein kind en ek is in die paper!"

Ja, nee. Sy was erg in haar noppies met die koerant affêre. Mooi Diela!

Sunday 1 November 2009

Ben Greyling verjaar


Baie geluk met jou verjaarsdag, Ben. Mag dit 'n baie mooi en voorspoedige nuwe lewensjaar vir jou wees. Geniet die dag.