Thursday 29 November 2012

Maak van Effluent Ponds

 
Effluent ponds is damme wat gemaak word om die afloop mis en miswater van die shed in op te gaar.  Hierdie water word dan deur middel van besproeiing op die gras in die weikampe gespuit.
Die begin van die holding pond.  Dit is net miswater wat hier opgedam word. 
 


Die ander dam.
 




Die eerste dam uit 'n ander hoek - amper klaar gegrou.
 



 
Die holding pond, klaar gegrou.
 



 
Die lang pond, klaar gegrou.  Die sloot aan die kant is waar pype en elektriese bedrading inkom.
 




 
Hier is hulle besig om die holding pond met 'n dik plastiek uit te voer.  Die laste word met 'n masjien aanmekaar gesmelt.  Iets soos plasticwelding.
 




Onder is die manne besig met die pype en elektriese bedrading.
 





Vervolg..........

Wednesday 28 November 2012

Ons huis

 
So 'n bietjie van die huis waarin ons nou bly.  Ons was baie verlig toe die eienaars ons genader het om te huur.  Die huis is redelik koud, maar het 3 slaapkamers, groot sit en eetkamer, kombuis en badkamer en 'n aparte laundry.  Voor ons ingetrek het, het ons besluit om die garage in 'n kantoor te komskep.  Dus het die garage mat in gekry. 
 
Hierdie is die besigheid se rekenaar en Sebil se werkplek, wat almal van ons met haar deel.
 
 


Hierdie is ons persoonlike rekenaar, waarop ek alles sit en doen en dan die labtop waarop ek die salarisse doen.  Ook die afdrukmasjien/faks is in hierdie hoekie.  Dan is daar nog 'n ander tafel waarop ons kan werk.


 
Met die kyk na die huis, het ons agtergekom dat daar bubbles in die vinyl op die vloer is.  Nadere ondersoek het gewys dat die vloere nat geword het en die vinyl los is.  Die eienaars se versekering het uitbetaal en nuwe vinyl is ingesit.  Vir 2 dae was my huis op sy kop.  Die ingangsportaal, kombuis, badkamer, laundry en gang het nuwe vinyl gekry.  Nou lyk dit pragtig. 
 
Die foto is uit die kantoor van die gang geneem. In die agtergrond kan julle die ingangsportaal, eetkamer en sitkamer sien. 



 
Sal later weer foto's opsit.

Tuesday 27 November 2012

Verjaarsdag en Huweliksherdenking

 
Vandag verjaar Ryno.  Baie geluk, Ryno.Vyftien jaar oud!!!!!!  Het op jou fb gaan soek vir 'n foto, maar nie een gekry waar jy alleen is nie.  Sit 'n mooi foto op, asseblief sodat jy regtig vyftien kan lyk.  Geniet die dag en mag die jaar vol vreugde, voorspoed en geluk wees.
 

 
Grant en Marelize vier vandag hul huweliksherdenking.  Baie geluk julle. Al sewe sakke sout saam opgeëet.  Mag die volgende 7 ook baie voorspoedig wees.  Geniet die dag en bederf mekaar.


Monday 26 November 2012

JJ verjaar vandag

 
 
Vandag is dit JJ Agenbacht se 9de verjaarsdag.  Baie geluk, Jong.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Hoop jy word lekker bederf.
 


Die huis vorder

 
Die sitkamer.
 
Hulle het besluit om die kaggel uit te haal en 'n heatpump in te sit. Die muur waar die kaggel was is mooi reggemaak.  Die houtkas, heel links, is omskep in stoorplek.
 
 

 
Die buite muur van die sitkamer.  Mooi reggemaak en die houtkas toegebou.
 



 
 
Die volgende 2 foto's is Japie besig om die ceilig af te skraap.  Die ceiling in die sitkamer en eetkamer het 'n snaakse knoppierige effek op.  Skraap dit af en onder is die ceiling baie mooi.
 





Die hoofslaapkamer se muur, waar die gat reggemaak is.
 



 
Die riool en dreins is ook al gedoen.
 




 
Daar is 'n woodburner stofie in die kombuis wat moet uitgehaal word.  Die matte en vinyl moet uit en dan gaan ons die huis eers verf.
 
 
VERVOLG................

Sunday 25 November 2012

Kyk saam met wie bad ek

 
Woensdag was Chanel se verjaarsdag.  Almal was daar en die kinders het sommer so almal na mekaar gebad.  Eerste aan die beurt was Jacoli.  Chanel het saam met haar gebad en was baie in haar noppies.
 
 

3 Verjaarsdae

Vandag is daar weer 3 verjaarsdae.  Hier volg hulle van oudste tot jongste.
 
Baie geluk, tannie Hessie met jou verjaarsdag.  Mag die toekoms gevul wees met goeie gesondheid, liefde en geluk.  Geniet 'n baie spesiale dag.
 
 
 


 
Veels geluk ook met jou verjaarsdag, Rochelle.  'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens.
 
 

 
 
En laaste maar nie die minste, maar die jongste.  Baie geluk met jou 7de verjaarsdag, Karla.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Hoop jy word baie bederf.


Saturday 24 November 2012

Joyce verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Joyce.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 
 


Jacoli

 
'n Paar foto's van ons nuutste toevoeging.  Sy is pragtig, nê.
 

Friday 23 November 2012

3 Verjaarsdae

 
Ouboet Louis verjaar vandag.  Baie geluk met jou verjaarsdag, Louis. 'n Nuwe lewensjaar gevul met vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens.  Geniet 'n baie spesiale dag.
 
 

 
Vandag is dit ook die verjaarsdag van Danie du Plessis.  Baie geluk, Danie.  Ook vir jou wens ons 'n nuwe lewensjaar gevul met al die mooi van die lewe toe.  Geniet die dag.



 
Gerhard vier ook vandag sy verjaarsdag.  Baie geluk, Gerhard.  Mag vreugde, voorspoed en geluk jou nuwe lewensjaar vul.  Geniet die dag.
 



Thursday 22 November 2012

Chanel se verjaarsdag partytjie

 
Saterdag, 17 November, was Chanel se 3de verjaarsdag partytjie. Eers moes dit 'n mermaid partytjie wees en later het sy besluit dit moet bubble guppy party wees.
 
Die tafel.
 
 


Die tafel en versierings om die tafel.  2 pink en 2 blou jellievisse hang van die dak af.
 



Die jellievis van nader.




'n Ander vissie.
 




Nog 'n tafel versiering.
 



 
Die verjaarsdagkoek was cupcakes wat met 'n bubble guppy versier.



 
Al die eetgoed het spesiale name gehad.







Die pakkie wat elkeen huistoe kon neem.
 




Chanel en Morné maak sy geskenk oop.
 



 
Chanel blaas kersies dood.




Geskenke tyd.
 



 
Dress up.
 



 
'n Bytjie piggy bank.
 




Make up.
 



 
My pink gitaar.
 



 
'n Barbie labtop.


 
 
Nog twee geskenke.
 
 

 
 
Dankie, Hekkie, Daleen, Ruben en Chanel - dit was 'n baie lekker dag gewees.
 


Wednesday 21 November 2012

Mount Tongariro erupt

'n Foto van mt Tongariro wat erupt het.  Gelukkig nie baie naby ons nie.
 Ek het die foto op die net gekry.
 

Chanel se verjaarsdag

 
Baie geluk met jou 3de verjaarsdag, Chanel.  Mag al jou kinderdrome waar word. Ouma hoop jy word lekker bederf vandag.  Ons is baie lief vir jou.  Geniet die dag.
 
 

 
Gielie vier ook vandag sy verjaarsdag.  Baie geluk, Gielie.  'n Lewensjaar vol van al die mooi in die lewe word jou toegewens.  Geniet die dag.



 
Dit is ook vandag Rina Strydom se verjaarsdag.  Baie geluk, Rina.  Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe.