Monday 11 April 2011

Joanné 4





Joanné was Sondag 4 jaar oud gewees. Sy het Saterdag haar Strawberry Shortcake verjaarsdag gehad. Die partytjie is by die Ronald McDonald huis gehou waar hulle bly wanneer hulle by Diela kuier. Sy was die hele tyd baie opgewonde oor haar partytjie en kon nie wag om weer Auckland toe te gaan nie.






Haar Strawberry Shortcake verjaarsdagkoek.






Die versierde tafel.






Die tuin was 'n regte Strawberry Shortcake tuin.





Al die siek maatjies wat saam verjaarsdag gevier het. Wat 'n voorreg om hulle ook te kon betrek.



Verjaarsdae


Baie geluk met jou verjaarsdag, Estie. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet 'n baie besonderse dag. Ek hoop jy word lekker bederf.









Dit is ook Neil du Preez se verjaarsdag vandag. Geniet die dag en 'n baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.




10 April 2011


Vandag is die verjaarsdag van Joanné. Baie geluk, Ouma se groot meisiekind. 4 Jaar oud vandag. Mag al jou kinderdroompies waar word. Het gesien jy het jou partytjie gister baie geniet. Sommer baie maatjies gehad wat dit met jou gedeel het. Ouma en Oupa is so jammer ons kon dit nie maak nie, maar ons sien uit na jou kuier later hierdie week. Onthou ons verjaarsdagkoek!!!!!!!!!!!

Lief vir jou.



9 April 2011


Vandag was die verjaarsdag van Louis Bezuidenhout. Baie geluk, Louis. Alles wat mooi is word ook vir jou toegewens. Hoop dat jy baie lekker bederf is.


7 April 2011


Baie geluk met jou verjaarsdag, Carin. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi is. Hoop jy het die dag geniet.




6 April 2011


Baie geluk met jou verjaarsdag, Chrissie. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi en goed is word jou toegewens. Hoop jy het die dag baie geniet en dat jy lekker bederf is.






5 April 2011


Vandag vier Willem en Riola Agenbacht hulle 8ste huweliksherdenking. 'n Baie mooi toekoms word julle toegewens. Bederf mekaar, die lewe is so kort.



Friday 8 April 2011

Diela


Japie het laat weet dat dr. Nicol vanmiddag vir Diela gesien het. Hy was vir 'n week in Australië, so hy kon nou baie mooi sien wat die vordering is wat sy gemaak het. Hy is baie tevrede en sê ook die arm lyk vir hom die beste vandat hulle ge-opereer het. Hy wil haar vir 6 weke op die antibiotika hou en tot 20 April in die hospitaal. Dan sal sy vir nog 3 weke baie stil by die huis moet wees en ook nog op die antibiotika. Sy sal ook huistoe kom met die masjien om die arm te oefen.

Baie dankie Liewe Jesus, dat U ons gebede verhoor.

Maak Diela asseblief heeltemal gesond.


Hou asseblief aan om haar in julle gebede op te dra.


Ons eerste dag in SA

Woensdag - oggend voor ons plot toe is het ek en Johan eers vir Alana gaan hello se. Sy lyk nes haar Pa.

Ons is toe daarna Plot toe om vir Ouma Issie en Ouma Hettie te gaan groet. Hulle altwee lyk goed en stuur baie liefde en groete.



Ons het toe sommer ook lekker met oom Frans en tannie Rens gekuier. Klein Riaan en Marnel was ook daar. Kan nie glo hoe groot hulle geword het nie.





Ons het almal toe die aand saam ge-eet. Hier speel Alana met oom Johan.





Friday 1 April 2011

Diela

Odélia is Woensdag geopereer. Die operasie was baie delikaat en het goed afgeloop. Sy is vandag weer teater toe om 'n pyn blok in die arm te sit, sodat hulle haar arm op 'n masjien kan sit wat hom die hele tyd vir 24 uur kan beweeg. Dit gaan help sodat sy haar arm weer ten volle kan gebruik.

Baie dankie vir almal wat vir haar gebid het. Ons glo en vertrou dat sy volkome gaan herstel.

Moet asseblief nie ophou bid nie.


50ste Huweliksherdenking

50 Jaar gelede was ek blommemeisie vir Gideon en Hettie. Kan nie glo dat dit al so lank gelede is nie.


Baie geluk met julle huweliksherdenking. Mag daar nog 50 gelukkiges wees. En mag julle nog lank gespaar bly vir mekaar en vir julle familie. Geniet die dag.


Geniet ook julle partytjie môre saam met almal wat vir julle lief en dierbaar is. Jammer ek kan nie daar wees nie, maar ek weet dat julle verstaan.


Baie liefde,

Annatjie

Ook verjaar Harry van der Merwe vandag. Baie geluk Harry. 'n Mooi jaar word jou toegewens.

Verjaarsdae en huweliksherdenkings


31 Maart 2011


Baie geluk met jou verjaarsdag, Theresia. 'n Baie mooi toekoms word jou toegewens.

30 Maart 2011
Baie geluk met jou verjaarsdag, Gideon. 'n Baie mooi en geseende nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy het die dag baie geniet en is tot oorlopenstoe bederf.


Petro Agenbach het ook vandag verjaar. Baie geluk, Petro. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.


Simone Mulder het verjaar ook vandag. Baie geluk, Simone. Hoop jy het die dag geniet. Sien jou more by jou partytjie.



29 Maart 2011

Baie geluk met julle huweliksherdenking Kwas en Irma. Mag die toekoms alles wat mooi is inhou.


28 Maart 2011


Baie geluk met tannie Nellie (Fourie) se verjaarsdag. Mag die jare wat voorle alles wat mooi en goed is inhou. Hoop Tannie het die dag baie geniet.