Sunday 31 May 2009

Die Berg

Ek en Johan het die voorreg om 'n "view" van die berg te hê van ons huis af. Hy is nou al spier wit van die sneeu.




Barend verjaar

Happy to you, Happy to you. Veels geluk, Barend. Mag dit 'n baie spesiale dag wees en 'n mooi nuwe jaar word jou toegewens. Hoop jy word lekker bederf.



Saturday 30 May 2009

Leandra verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Leandra. 'n Baie mooi jaar vol seën, liefde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Jy moet die dag geniet. Ek glo jy gaan lekker bederf word.


Verjaarsdae en huweliksherdenkings

Awie Nel het ook op 29 Mei verjaar. Baie geluk, Awie. Mag die jaar vorentoe alles wat mooi is inhou. Ek glo jy is lekker bederf.



Drie pare vier ook op 29 Mei hul huweliksherdenking. Baie geluk aan Louis en Elize, Andries en Chrissie en Jaco en Rensché wat almal op hierdie dag hul huweliksbeloftes afgelê het. Mag die nuwe huweliksjaar vir julle alles wat mooi is inhou. Baie vreugde, voorspoed en geluk. Hoop julle het die dag geniet en dat julle mekaar baie bederf het.

Friday 29 May 2009

'n Volle 2 Jaar!!!

Happy Birthday Joshua. Ons hoop dat jy 'n baie lekker dag saam met jou pappa, mamma, chante en al jou maatjies gehad het.

53 Jaar Oud Vandag

Baie geluk met Ma se 53ste verjaarsdag vandag. Ons glo dat die jaar vol vreugde en geluk vir Ma sal wees. Hoop Ma geniet die dag. Dankie vir alles wat Pa en Ma vir ons kinders doen. Ons is baie lief vir julle.




Thursday 28 May 2009

Ons het nie vergeet nie

Ons het regtig nie vergeet van jou verjaarsdag nie, Rensché. Dit gaan net baie dol hier. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons glo die jaar gaan vol vreugde en geluk vir jou wees. Hoop jy het jou dag baie geniet. Liefde en groete vir almal.



Sunday 24 May 2009

Pak en trek


Ons is darem nou al 5 dae in ons nuwe woonplek. Ons het Woensdag deur die dag getrek van 60 Dillon Road, RD 1, Mangakino na 1308 Mossop Road, RD 1, Tokoroa. Slaap vannag die 5de nag al hier. Gedink dat ek teen hierdie tyd al alles uitgepak sal hê. Toe nie so nie. Die hele huis staan nog vol bokse en môre is dit Johan en Sebil se beurt om te trek en Dinsdag Hekkie en Daleen s'n. Nog 'n baie besige week wat voorlê, want buiten al die trekkery word die koeie afgelaai, trekker afgelewer en al die ander dinge soos farmwalks moet gedoen word. Farmwalk is om die hoeveelheid gras te meet wat op die plaas is. Ons moet voor 1 Junie ons queries op die tafel hê. So die huise sal moet wag as ons eers die ander dinge wil doen. Donderdag is die huise van ons werkers beskikbaar sodat hulle kan intrek. Die huise moet ook deurgegaan word en seker gemaak word dat dit skoon en netjies is voordat hulle dit betrek. Hulle moet dit dan laat soos hulle dit gekry het.



Hier is 'n paar foto's van die inpakkery en trekkery.


Yolandi en ek besig om my kamer se gordyne weer op te hang.





Die drie meisiekinders het te lekker met die leë bokse gespeel.





Pieter, Logan en Wewan (die Indonisiër) by die treklorrie.





Ons sal nog die "after" fotos neem en opsit, maar kyk net hoe lekker deurmekaar is die kombuis en eetkamer nog. Dit lyk darem al beter daar. Nie meer so baie goed wat rondstaan nie. Ons kan al daar leef.





Sebil vat 'n blaaskans en speel bietjie pop saam met Annika en Joanné. Odélia was nog by die skool.




Doodmoeg, het die twee aan die slaap geraak op oupa Pieter se bank. Ons het hulle later ingebring en op die matras in die kamer laat slaap.

Saturday 23 May 2009

Johan en Thea Mulder

Ons wil graag vir Johan en Thea Mulder geluk sê met hul werkspermit wat hulle Donderdag ontvang het. Ons was baie benoud, maar is saam met julle nou baie dankbaar en bly dat julle die permit ontvang het. Hoop julle gaan lekker bly in New Zeland.

Riaan Wentzel

Ek het 'n epos van Sue ontvang waarin sy gesê het dat dit goed gaan met Riaan. Voor die operasie was daar vrees dat hy sy been sou verloor. Maar soos Sue sê : Ons dien 'n wonderlike God. Hy het voorsien en dit gaan goed met Riaan en die operasie het goed afgeloop. Hy het aanvanklik baie pyn gehad, maar het nou geen pyn nie. Baie dankie vir almal wat hom in jul gebede opgedra het. Hou asseblief aan met bid dat hy volkome sal herstel.

Agricultural ITO Awards Evening

Ons was Donderdagaand by die toekenningsaand van die Agricultural ITO. Ek het mos al vertel dat ek en Pieter ons Level 4 verlede jaar gedoen het. Dit het regtig goed gegaan en ons het albei ons Level 4 deurgekom. Pieter het al sy sertifikaat gekry, maar ek is eers Woensdag afgeteken. My sertifikaat sal seker een van die dae in die pos wees.

Om terug te keer tot die toekenningsaand.

Pieter en ek is albei genomineer vir 'n toekenning diè aand.
Terwyl ek so deur die program blaai, kom ek af op 'n toekenning af van : Immigrant Showing Promise in NZ Farming Industry. Ek leun oor na Japie toe en sê vir hom : Hierdie toekenning gaan jou pa kry. Maar ek weet wraggies nie waarom hulle my genomineer het nie. Ons lag, want regtig, ons het niks verwag nie. Net gegaan vir die fun daarvan.
Soos Pieter altyd sê : Ons werk nog altyd goed as 'n span saam.
Dit is toe ook die toekenning wat ons albei ontvang het. Dit is natuurlik vir ons 'n groot voorreg en was 'n groot verrassing. Het nooit kon dink dat ons in New Zealand so iets sou ontvang nie.
Ons sertifikaat.



Saam met die sertifikaat het ons ook 'n $100.00 gift voucher gekry. Dit is gelyk staande aan so om en by R500.00.

Daar was ook nog Suid-Afrikaners wat toekennings ontvang het.

Vir sy level 2 het Johan Mulder 'n meriete toekenning gekry en vir sy level 4 het Edmond Ferreira ook 'n meriete toekenning gekry.

Twee van Japie se werkers was ook genomineer en albei het toekennings gekry.

Sharlene het die toekenning gekry vir Level 2/3 NCA Dairy Theory Prize en Richard Clark het twee toekennings gekry : Level 2/3 NCA Dairy Practical Prize en dan ook 'n toekenning vir derde plek by die Skills Day. Skills Day is waar jy dit wat jy geleer het toepas in kompetisies. Ons was verlede jaar daar. Dit is baie interessant. Dit is ook op hierdie dag wat die foto geneem is wat van Pieter gepubliseer was oor die hele New Zealand.

Friday 22 May 2009

Riaan Wentzel

Ons het verneem dat Riaan in 'n motorfiets ongeluk was. Hy het baie seergekry. Hy is ge-opereer en wat ons verneem blyk die operasie 'n sukses te wees. Hy is ook nog nie lank uit die operasiesaal nie en ons wag op verdere nuus. Bid asseblief vir Riaan vir volkome herstel.



Oom Fanie van der Merwe is ook in die hospitaal. Dit gaan ook nie baie goed nie. Bid ook asseblief vir hom.

Thursday 21 May 2009

Aquila Private Game Reserve

Ons was die week ook by Aquila Game Reserve om vir Ruben wilde diere te wys. Dit is naby Touwsrivier. Die weer was ook baie goed vir ons. Ruben het dit ook baie geniet.



















Wednesday 20 May 2009

Eerste aand en dit sneeu

Ons eerste aand op Mangahara plaas en toe Johan en Sebil groet om huistoe te gaan, sneeu dit buite. Hier is 'n paar foto's.

Die wit spikkels wat lyk soos sterretjies is die sneeuvlokkies.

Pieter se bakkie.

Tuesday 19 May 2009

Kaapse Waterfront en die Aquarium

Ons het 'n vinnige draai verlede week by die waterfront en die aquarium in die Kaap gaan maak.














Monday 18 May 2009

Van lyn af


Ek gaan 'n dag of wat van lyn af wees met die dat ek trek. Dit is dan die rede hoekom ek al die verjaarsdae vandag opsit. Ek kom ook agter dat my blog nie meer 'n "scheduled" post vat nie, daarom sit ek dit maar op.
Baie geluk aan Cornetjie Nel wat gister 17de Mei verjaar het. Mag dit 'n baie mooi jaar wees en ek hoop dat jy baie bederf is deur Pappa en Mamma. Ons hoop jy het jou verjaarsdag baie geniet.
Boetie (Joachim) Nortje verjaar vandag. Baie geluk, Boetie.
'n Baie mooi jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.
Tannie Awie Mouton verjaar 19 Mei. Geniet 'n baie spesiale dag, Tannie. Mag die jaar wat voorlê vol geluk, vreugde en goeie gesondheid wees.
20 Mei verjaar Isak en Marlene van der Merwe. Baie geluk julle. 'n Jaar vol van vreugde, geluk en voorspoed word julle toegewens. Geniet die dag.
21 Mei verjaar tannie Jeanette Labuschagne. Baie geluk, Tannie. 'n Baie mooi jaar vol vreugde, geluk en goeie gesondheid word jou toegewens. Geniet die dag.
Riola Agenbacht verjaar ook vandag. Baie geluk. 'n Nuwe lewensjaar vol van al die mooi dinge word jou toegewens. Geniet 'n baie mooi dag.
22 Mei verjaar Elize Jacobs. Baie geluk, Liesie. 'n Baie spesiale jaar en dag word jou toegewens. Strome van seën van Bo word jou toegebid. Geniet die dag.

Saturday 16 May 2009

PJ Olivier se verjaarsdag

Vandag is PJ Olivier se verjaarsdag. Baie geluk, Jong. Mag dit 'n baie mooi jaar wees. Ons hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.

Friday 15 May 2009

Lekker ou Kaap

Hier is so paar fotos van waar ons op Sydney Lughawe is en dan van Ruben in sy groooooot sandpit. Hy kan nie uit gepraat raak oor die sandpit wat so baie sand het en nog so naby die water is nie. Speel te lekker.

Thursday 14 May 2009

Verjaarsdae 13 Mei

Webfetti.com




Gilliaume Strydom en Deuzart Oosthuizen Labuschagne verjaar die 13de Mei. Baie geluk met jul verjaarsdae. 'n Baie mooi jaar vir albei van julle. Mag die jaar besaai wees met vreugde, geluk en liefde. Hoop julle het die dag baie geniet.

Tuesday 12 May 2009

Tannie Lucy verjaar

In die foto:
Voor : Ouma Hettie, Magda, tannie Awie en tannie Lucy.
Agter : Riana, Rens, Amanda, Evette, Clara en Annatjie




Baie geluk met tannie Lucy se verjaarsdag. Strome vol seën van Bo word Tannie toegebid. 'n Baie mooi jaar met baie liefde, geluk, vreugde, vrede en goeie gesondheid vir Tannie. Geniet 'n baie besondere dag.

Saturday 9 May 2009

Moedersdag 10 Mei 2009



Graag wil ons ons twee Ma's in Suid Afrika 'n baie geseënde en spesiale moedersdag toewens. Hoop dat die ander kinders julle baie gaan bederf. Ons verlang baie en mis julle. In ons gedagtes is ons daar by julle. Baie liefde.
Ouma Issie



Ouma Hettie

Aan al die ander Moeders wat ons blog lees.
Geniet 'n spesiale dag.
Sit rustig en rus 'n slag.
Liefde.

Webfetti.com

6 Verjaarsdae en 'n huweliksherdenking

Ek het altyd gedink die 29ste Mei is 'n baie besige dag, maar duidelik loop die 9de Mei nou voor.
'n Baie mooi en gelukkige nuwe lewensjaar word jou toegewens, Magda. Mag dit 'n jaar vol vreugde, vrede, liefde en geluk wees. Geniet 'n baie spesiale dag.





Baie geluk met jou verjaarsdag, Mckayla. Mag al jou kinderdrome waar word.




Dit is ook Bertie se verjaarsdag. Geniet 'n baie besondere dag. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vol vreugde en geluk sal wees.

Baie geluk ook aan Luané Human wat haar 2de verjaarsdag vier. Mag al jou droompies waar word. Hoop jy word baie bederf vandag.

Charlene Erasmus en Riehette Stenekamp vier ook vandag hul verjaarsdae. Baie geluk julle. Mag die jaar wat voorlê vir julle albei net vreugde en voorspoed inhou. Geniet die dag.

Naas en Lizelle vier ook vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk. Vele gelukkige en vreugdevolle jare word julle toegebid. Geniet die dag en bederf mekaar baie.

Friday 8 May 2009

Francois en Rens

Baie geluk met jou verjaarsdag, Rens. 'n Baie mooi jaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.






Dit is ook Francois en Rens se huweliksherdenking. Baie geluk, julle. Vele gelukkige en gesonde jare word julle toegebid. Geniet die nuwe kleinding.