Sunday 1 June 2008

Mooiskoot, Hekkie!

Die jag gogga het die manne nou erg begin byt. Hulle meen hulle is nou niks meer lus vir trek nie, en nou jag hulle. Hulle het al heelwat hase geskiet. Maar vanaand sit ons en eet toe Hekkie aan die deur klop. Japie moet kom help, want Hekkie het 'n vark geskiet! En dit sommer hier in een van die paddocks.

Nou ja, nou hang die vark in Hekkie se garage. Hy moet nou goed uitbloei, en dan sal hulle hom more seker slag. Die beertjie weeg 75 pond / 35 kg. Mooiskoot, Hekkie! As hulle so aanhou hoef ons een van die dae nie meer vleis te koop nie....

No comments: