Wednesday 13 February 2013

Die shed

 
Al die binnegoed word nou ingesit.  Elektriese bedrading vir die draaitafel, en die melkmasjien se binnegoed word gedoen.
 


 
 


So word elke krat op die draaitafel genommer.  Daar is 54 kratte.  Elke krat is dan toegerus met sy eie klos (melkmasjien) wat aan die koei se uier vassuig met vacuum.  So word die koeie dan gemelk.  Wanneer die draaitafel 'n volle rondte gemaak het, is die koei uitgemelk en kan sy afklim van die tafel af en plek maak vir die volgende een om op te klim.


 
 
Hierdie pype wat hier ingeconcrete is, is waar die KI platform gaan wees.  Dit is 'n platvorm wat platslaan tot teen die draaitafel, waarop die technician dan staan en 3 koeie op 'n slag kan KI, voordat die tafel dan weer moet aanbeweeg.
 

Hierdie is dan nou die snap chiller - om die melk te verkoel.   Pieter het my die hele tegniese proses verduidelik, maar dit is werklik nie vir my moontlik om woord vir woord te herhaal nie.  Bokant my vuurmaakplek.
 
 

 
Die tenk aan die agterkant van die snap chiller, word vol van die onderste foto se balle (polistiriën balle) gemaak.  Dan gaan daar 'n vloeistof deur die balle.  Dit is 'n geslote sisteem, wat op die ou end weer terug sirkuleer in die snap chiller in wat dan die melk verkoel.  Hoop julle kan so ietsie uitmaak.  Wanneer julle weer vir Pieter sien, vra hom om te verduidelik.
 
 




No comments: