Sunday 18 October 2009

Verjaarsdagwense en huweliksherdenkings

Jaco het 16 Oktober verjaar. Ons het nie vergeet nie, maar het nie naby die blog gekom nie. Soos ek reeds vertel het, het een van ons werkers seergekry en die ander moes hulle af dae kry. Ek en Sebil moes inspring om te help. Jy was heeldag in ons gedagtes. Hoop dat jy die dag baie geniet het en dat jy baie bederf is. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou.


Saam met Jaco het klein Nico Zach van der Merwe ook verjaar. Hoop dat jy jou verjaarsdag baie geniet het. Mag dit vir jou ook 'n baie mooi jaar wees.
Josua en Charlene Erasmus het hul 10de huweliksherdenking gevier. Baie geluk, Julle. Mag die jare wat voorlê alles wat mooi is inhou. Hoop dat julle die dag baie geniet het.
Pierre en Nicolene Delport het ook hul 5de huweliksherdenking gevier. Baie geluk ook aan julle. 'n Baie mooi nuwe huweliksjaar word julle toegewens.

No comments: