Friday 2 October 2009

Kuier in Rotorua 21 September

Na die Sondagaand se slaap in Rotorua, het ons die drie dogters, Yolandi, Daleen en Sebil en die twee kleingoed, Ruben en Joanné die oggend daar gekry vir shopping. Was 'n baie lekker oggend. Ruben en Oupa Pieter het gaan trekkers, sleepwaens en so meer kyk en ons meisiekinders het die winkels ingevaar. Odélia was in die skool en Annika was by die kleuterskool. Middagete was natuurlik by Mickey D, want daar kan die kinders lekker by die parkie speel. Hulle parkie is ook onderdak en al reën dit, kan die kleingoed nog lekker baljaar.

Almal aan die tafel besig om te eet. Ek is natuurlike die fotograaf. Het nog nooit regtig van foto's gehou nie.


Ruben



Joanné




No comments: