Thursday 6 December 2012

Jaareindfunksie by Huka Falls

 
Dinsdag 4 Desember, was ons jaareindfunksie vir NVD Trust en AFL. Hierdie jaar het ons almal Hukafalls toe gevat.  Hulle het almal op die jet boat gery.

 


Hier is hulle, Daleen, Morné en Japie besig om aan te trek.  Elkeen het 'n reëjas en 'n lifejacket gekry om aan te trek.
 



'n Groep foto.
Agter: Japie, Matt, Johan en Morné.
Middel:  Fenton, Jo, Pieter en Sean.
Voor: Rhudi, Jade, Darren, Daleen en Tonie.
Almal wie se name in blou is, is Suid-Afrikaners.
 
 

 
En daar gaan hulle.
 



 
En terwyl my mamma op die boot ry, kuier ek by Jacoli, tannie Landi, Zippies en Ouma Tieketieke.
 
 
 
Na die bootrit het hulle die geleentheid gehad om prawns te vang met 'n visstok, wat dan later gaargemaak is en hulle dit kon eet saam met middagete.  Meer foto's hiervan, later.
 
 

No comments: