Saturday 22 December 2012

Diela speel klavier

 
Ek was Woensdagaand, 12 Desember saam met Japie en Yolandi na Odélia se musiekaand toe.
Sy het twee liedjies alleen gespeel en 'n derde, Stille nag, saam met haar musiekonderwyseres gespeel.
 
Diela by die klavier
 

 
Saam met haar musiekonderwyseres.
 




 
Toe daar 'n probleem met 'n boek was, wat een van die kinders by die huis vergeet het, was sy vinnig om te sê dat sy die boek het en het begin soek na hom.
 
 


 
Geen toekennings is gemaak nie, maar ek het verlang na die dae toe ek klavierlesse geneem het.  Toe my onderwyseres getrek het, het ek nie 'n ander een gekry om lesse by te neem nie.
 
Some you loose, né?
 
Ek glo en vertrou dat sy gaan deurdruk en dat sy 'n pragtige pianiste gaan word.
 
 


No comments: