Saturday 22 December 2012

'n Meevallertjie uit Suid-Afrika

 
Hekkie se Pa en Ma, Danie en Miemie, het November in New Zealand aangekom.  Hulle het vir my 'n verrassingspakkie uit Suid-Afrika saamgebring.  Ouma Hettie het vir my 'n kombersie gehekel.  Weet nie hoe sy so reg kon raai nie.  Seker maar omdat die groen my troue se kleur was.  Baie dankie vir 'n pragtige geskenk, Ouma.  Waardeer dit baie en dit is 'n baie kosbare besitting.
 
Maar kyk hoe geniet my kleinkinders hom.
 
Chanel aan die slaap.
 

 
En Jacoli nou net wakker geword.



 
Die verhaal van die kombersie is so:  Ons vier dogter, ek en my 3 susters, Magda, Clara en Evette het elkeen een gekry.  Daarmee saam het twee paar "Hettie sokkies" ook gekom.  Die kombersie is bedoel vir ons oudag.  Nou ja, ek dink as ek Ouma Hettie se ouderdom, 88 jaar, moet haal - dit is nou 32 jaar verder, dan sal sy maar nog 'n kombersie moet brei, want hierdie een gebruik ons almal nou al.
 
Weet nie of sy die foto's sal kan sien nie, hoop iemand sal dit vir haar kan wys.
 
Baie dankie nogmaals, Mammie.  Lief jou baie.

No comments: