Monday 24 December 2012

So bietjie ander nuus

 
Ek was Donderdag 13de saam met Daleen na Whakamaru se final assemble vir die jaar.
Hulle het afskeid geneem van die senior klas wat nou hoërskool toe gaan en 'n paar pryse uitgedeel.
 
Craig, die voorsitter van die Board of Trustees het ook 'n toespraak gelewer.
Weet nie of julle nog kan onthou wie Craig is nie.  Johan het by hulle op die plaas begin werk net toe hulle in New Zealand aangekom het.
 
 
 
En die eerste twee pryse vir :
Attitude in the class :
gaan toe sowaar weer na twee Suid-Afrikanertjies.
 
Hier oorhandig Kiriana die bekertjie aan Pieter.
 
 


Hierdie foto is nie baie duidelik nie, maar die bekertjie word aan Sulize oorhandig.
 
 

 
Omdat my foto's nie so duidelik is nie, het ek mamma Francis se foto op Facebook gaan gaps.
 
Baie geluk, Pieter en Sulize.  Well done.  Pappa en Mamma is seker baie trots, né
 



No comments: