Thursday 1 April 2010

Manager of the year awards evening



Die 17de Maart was die "Sharemilker, Manager and Trainee of the year awards evening" gewees. Japie en Yolandi was ingeskryf vir die Manager of the year toekenning. In hierdie afdeling was daar dan ook ander onder afdelings gewees waarin erkenning gegee is. Die pryse wat gewen kan word is goed. Hulle kry natuurlik baie gift vouchers om by winkels te kan gaan koop. Die winkels het almal met boerdery te doen. Die toekennings van plekke waar jy dan nou niks kan koop nie, is dan 'n kontant tjek. Dit kan nogal 'n lekker meevallertjie wees as jy goed doen met hierdie kompetisie.

Soos ek al voorheen vertel het, in hierdie land is daar nie vreeslik baie "social" vir die boere nie. Hierdie is een van die groot "socials" van die boere. Chris van Wairarapa Moana het die tafel geborg en ook vir ons almal 'n paar drankies gekoop.


Die Sharemilkers, Managers en Trainees wat ingeskryf het, word almal voor die tyd beoordeel. Jy moet 'n presentation voorberei, hulle op die plaas rondwys, ens. Dit moet alles binne 'n sekere tyd gebeur.
Japie en Yolandi het deurgedring na die tweede rondte beoordeling. Hulle het baie goed gedoen. Die "Human Resource" afdeling het hulle ingepalm.
Hulle het ook tweede geëindig in die hoof afdeling van Manager of the year.
Hier is 'n paar fotos van die aand.
Al die inskrywings vir Manager of the year.
Die man wat langs Japie staan is Ben. Hy is 'n Hollander en het ook saam met my en Pieter Level 4 ITO gedoen.
Japie en Yolandi op die verhoog om hul toekenning in ontvangs te neem.
Hekkie en Daleen




Johan en Sebil





Pieter en Annatjie



Chris en Julie Barry. Chris is "Operation Manager" vir Wairarapa Moana, die Moari Trust vir wie Japie en Yolandi en Hekkie en Daleen werk. Pieter en ek het ook die vorige seisoen vir hierdie Trust gewerk. Toe het ons almal op dieselfde plaas gebly.





Die entertainment van die aand!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!



No comments: