Saturday 3 January 2009

Nuwe Jaars Dans

Ja, ek weet. Dit is al 'n paar dae later. Maar liewers laat as nooit. Ek het 'n probleem gehad om die foto's van my kamera af te laai. Uiteindelik het ek dit op die labtop gekry en toe kon ek met 'n CD dit weer op my rekenaar sit.


Ons het ons Oujaarsdans gehou. Weer by die Whakamaru (spreek dit uit Fakamaru) Playcentre. Ons het ook besluit om dit net vir die Suid Afrikaners te doen. Daar was regtig 'n baie goeie opkoms.
Dit het die vorm van 'n bring en braai aangeneem. Paptert, Ouma Carlien se aartappelgereg, mengelslaai en broodjies het die bykosse uitgemaak.
Yolandi het die byeenkoms gereël en Japie het seker gemaak dat die mense weet waar die playcentre is - soos julle kan sien op die twee foto's.





Die kleingoed het baie lekker gespeel. Op die eerste foto is Joanné, ek dink sy was opsoek na Mamma, en besig om 'n koekie te eet. Die tweede foto is Ruben saam met Sulize en Pieter.



'n Paar fotos om te wys dat ons baie lekker kan kuier.
Op die foto onder van links kan julle vir Japie, Johan en Hekkie sien. Dan Daleen en Yolandi saam met Frances, André en Carol en regs in die hoek is Carol se ma, Nellie, wat vir 3 maande in New Zealand kuier.

Sebil en Thea - 'n ou skoolmaat van Johan.




Japie besig om vleis te braai. Hier is gasbraaiers die in ding. Links van Japie is Thea se man, Johan en regs is Hekkie met Edmond, Carol se man, heel regs.






Binne in die saal.





Daleen en haar vriendin, Frances. Daleen sê sy laat haar baie aan juffrou Teresa dink. Nogal waar, hoor.





Uiteindelik het hy die stryd gewen. Mamma het lank probeer, maar hy wou nie slaap nie. Gelukkig het Pappa met vars arms bygekom en gou het hy geslaap.




Sjoe, ek het nie gedink ek kan nog sulke passies uithaal nie. Sal volgende keer versigtiger wees. Ek en Japie aan die dans en Oupa met Annika in die agtergrond.




Japie en Hekkie. (Dawid en Jonathan)




Die drie musketiers. Japie, Hekkie en Johan.




No comments: