Tuesday 13 January 2009

Dragtigheidstoets Plaas 14


Verlede week Dinsdag het ons dragtigheidsondersoek op die koeie van plaas 14 gedoen. Dit was die eerste keer wat ek gesien het hoe dit gedoen word. Om 700 koeie dragtigheidsondersoek te doen, is groot werk. Party ander kuddes is groter. So, hulle moes iets uitvind wat maklik werk. Dit is dan Ultra Scan. Elke koei word gescan om te bepaal of sy in kalf is of nie. Van 30 tot 70 dae kan die rekenaar dan vir jou sê. As sy verder dragtig is, sê hulle net langer.



Die platform waarop hulle staan. Die draaitafel draai dan stadiger as gewone melking spoed en so word die koeie dan getoets. Hierdie toets word sommer gedurende melking gedoen.









Die rekenaarskerm waarop die beeld verskyn en wys hoe ver in kalf sy is.






Die dragtigheidsondersoek is waargeneem deur twee mans en een vrou. Die een man, Russel is nog besig om te leer en hy het tydens hierdie ondersoek die gegewens op 'n ander rekenaar ingevoer. Baie makliker as ons ondersoeke in Suid Afrika.





Hier is Rex besig met 'n ondersoek.






No comments: