Thursday 15 January 2009

Fiji

Ek, Hekkie en Ruben het die eerste week in Januarie in Fiji gaan kuier.

Fiji is 'n 3 uur lange vlug van New Zealand af (2100km noord van Auckland), bestaan uit 333 eilande en die mense is bekend as die vriendelikste in die wereld.

Ons het dit baie gou agter gekom toe ons van die vliegtuig af klim en met 'n baie vriendelike "bula" (hallo) gegroet is. En van daar af het dit die mees algemeenste woord geword. As jy by iemand verby stap word daar met 'n smile bula gese en jy gaan aan.
Nadi is die naam van die dorp waar ons geland het op, en dit is ook die grootste eiland waarop ons gebly het, Viti Levu. Ons is na die Outigger on the Lagoon resort vervoer, suid van Nadi aan die Coral Coast gedeelte van die eiland. Dit het maar stadig gegaan, die hoogste spoed wat hulle ry is 80km/h. Ons het op die nationale hoofpad gery, maar moes ook stop vir perde en koeie wat in die pad was, in Fiji word diere nie in kampe en krale gehou nie, hulle loop oral rond.

Ons het lekker weer gehad, vroegoggend al warm en dan teen 1 - 2 uur die middag 'n goeie bui reen wat dan op geklaar het teen laat middag.

Ons ook baie gelukkig om by die huis te wees. Toe ons Donderdag op die lughawe in boek het storm sterk winde begin waai en het almal gepraat van 'n huricane, wel as julle dalk gesien het van Vrydag af het Fiji so baie reen dat daar nou oorstromings is en baie vakansie gangers is nog vas a.g.v oorstromings oor die paaie ens.

Hier is 'n paar foto's

Ruben baie opgewonde oor al die vliegtuie op die lughawe voor ons gevlieg het.


Die ontvangs area



Uitsig van ons kamer



Ruben geniet 'n sundowner



Een van die restaurante op die resort. Ons eerste aand het ons seekos buffet en 'n polynesian dans show gehad.



Eerste en defnitief nie die laaste dip in die swembad nie. Dit was natuurlik Ruben se gusteling plek.




Die swembad area




Middagete by die Sundowner Bar op die strand




Die beachfront bure



Die strand vir snorkel en kayak.

Die fotos hieronder is van die tribe wat om warm stene loop. Daar is net een tribe in Fiji wat met die "gawe geseen" is.







Hekkie en Ruben met die vis wat hy gevang het





Uitsig van die ontvangs area



Die volgende foto's is van en vanaf Bebe Spa geneem. Bebe beteken skoenlapper.



















Chocolate koek vir nagereg langs die swembad


Gereed om te gaan kayak


Saam met die musikante

Ruben gereed vir aandete

Na 'n goeie bui reen


Die paadjie na en van ons kamer af

Daar is elke aand 'n fakkel aansteek seremonie gewees


Ons laaste aand in Fiji






Oppad terug lughawe toe






Ruben sluit sy vakansie op 'n hoe noot af terug in Auckland by die lughawe

2 comments:

Sandra said...

Dit lyk na 'n heerlike plek om te vakansie.

Mariette. said...

Dit is ongelooflik mooi julle- dankie dat julle die fotos met ons gedeel het.
Kan sien klien Ruben het dit geniet.
Wanneer ons dinge van NZ en omliggende eilande sien is ons sommer spyt dat ons ons 'pr' opsie vir die oomblik uitgestel het tot later toe, -Maar die Here het 'n plan met ons almal ne, ....Moontlik 'n ander keer vir ons, Intussen geniet ons die plek deur julle oe, en Dankie daarvoor.
groete