Monday 5 January 2009

Mt. Ruapehu (Ons berg)


Op 23 Desember 2008 het ons berg (Mt. Ruapehu) nog sneeu gekry. Kan nie dink dat in die hartjie van die somer jy nog sneeu op berge in die Noord Eiland kry nie. In die Suid Eiland is daar nog baie berge met sneeu.
As die berg sò wit lê van die sneeu en die wind waai vanaf die berg oor die meer, dan is Taupo sommer lekker koud. Dit voel kompleet soos winter.
Carlien, jy onthou hoe dit gelyk het en gevoel het op die berg toe julle Desember 2006 hier was en ons as gevolg van sneeu nie teen die berg kon opgaan nie.

No comments: