Monday 10 August 2009

Kalfies 2



Ek plaas maar 'n paar artikels oor die kalfies.


Ons moet 250 kalfies grootmaak uit 1016 koeie wat moet kalf. Die kalfies wat ons grootmaak, word vervangingsverse genoem (Replacement Heifers). Dit is nou verse wat volgende jaar geki word of by die bul kom om die jaar daarna (2011) Augustus te kalf. Dan word daar van die koeie geslag en daarvandaan die naam vervangingsverse. Hulle vervang die ouer koeie in die kudde.


Hier is die kalfies in die hokke. Dit is 'n groot afdak met 3 mure. Die voorkant is oop, met hekke aan die hokke vir ons om in te gaan wanneer ons hulle moet melkgee.


Die bakke met tiete aan. Ons noem dit 'n caf-a-teria. Die "cafs" verskil in grootte. Jy kry met 1 tiet aan of soveel as 12 / 13 tiete.



Die eerste keer wat hulle in die penne ingebring word, word hulle met 'n tube melk gegee. (Sal nog 'n foto hiervan plaas) Die volgende dag word elkeen geleer om aan die caf te drink. Dit is baie tydrowend. Sodra hulle die caf gevat het, gaan dit maklik. Dan word die cafs net in die hokke geplaas en melk ingegooi en hulle drink self.




Anine help ons met die kalfies melkgee. Hier is sy besig om van hulle te leer.




Johan en Sebil besig om die kalfies te "tag". Hulle kry twee tags. In die linkeroor kry hulle hul geboorte ID nommer. In die regteroor kry hulle 'n ronde knoop (button) met dieselfde gegewens op. Dit is 'n elektroniese identifikasie button.


Dit is die einde van deel twee. Ek plaas weer verdere foto's van die kalfies en meer verduidelikings in 'n volgende artikel.

1 comment:

Paula said...

Lyk heel interessant!