Saturday 8 August 2009

Armand is 21

Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag vandag, Armand. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die sleutel wat jy vanaand gaan ontvang, baie deure vir jou oopsluit. Onthou: loop jou pad saam met die Here en Hy sal sorg. Mag jou lewenspad besaai wees met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie spesiale dag saam met almal wat vir jou lief is.
Wens so ons kon daar wees. Drink 'n glasie sjampanje vir ons. Geniet die aand. Baie geluk ook aan Kobus en Amanda met Armand se verjaarsdag.
Liefde van ons almal hier in Nieu Seeland.





Willie Wentzel verjaar ook vandag. Baie geluk, Willie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.

No comments: