Sunday 23 August 2009

Kalfies 3




Ons het twee plase waar ons Sharemilking doen - Cheetah en Mangahara. Op Cheetah sal daar op die ou end 446 koeie gemelk word (die kleiner plaas - 178 hektaar) en op Mangahara 570 koeie op 228 hektaar.


Al die koeie word deur Cheetah gekalf. Met ander woorde : Ons kalf op Cheetah plaas en dan wanneer die koeie 4dae in die melk is en nie meer biesmelk het nie, word hulle na Mangahara gestuur. Daar word hulle dan nou gemelk en die melk word aan die fabriek Fontera gelewer. Fontera is gelykstaande aan ons NCD - Clover, in Suid Afrika. Ons word hier ook nie per liter betaal nie, maar per kgMS (kilogram Milksolids). Dit is die kilogram proteine en vette in die melk. Hulle praat hier ook nie hoeveel liters melk 'n koei lewer nie, maar hoeveel kgMS. Melk word ook nie hier in volume gemeet nie, maar die kgMS is waarvolgens hulle werk en dan betaling doen.


Terug na die kalfies. Daar is dus twee kalfstalle ook. Ons maak die kalfies vanaf dag een tot 'n week of twee oud, groot op Cheetah plaas. Daarna word hulle dan na Mangahara toe geneem. Hier word hulle dan elke dag, nes op Cheetah melk in cafs gegee. Hierdie werk is Sebil en Anine s'n. Sal volgende keer vir julle foto's hiervan plaas. Die foto's wat ek vandag plaas is van die vervoer van die kalfies vanaf Cheetah na Mangahara.


Hierdie bakkie het ons vir next to nothing gekoop. Agter kan jy dubbel wiele opsit. Met dié bakkie word alles gedoen. In die kampe gery om palmkernel trailers te gaan haal. Melk rondgery en natuurlik kalfies van die een plaas na die ander een vervoer. Hy vervang 'n 4wiel motorfiets en is makliker hier in die weer, want reën kry ons baie. Party keer sommer vir dae aanmekaar.

Johan en Sebil het die bakkie : "Sukkel Wikkel" gedoop.




Hier is die trailer in die hok ingestoot, sodat die kalfies kan afklim.
Die kalfies agter op die trailer, 24 van hulle.

Shane, een van ons medewerkers, tussen die kalfies nadat hulle afgeklim het.


Die kalfies, gelukkig in hulle nuwe omgewing.


Klaar afgelaai en Sukkel Wikkel is reg om terug te gaan Cheetah toe.


Terwyl ek besig was om foto's te neem van al die ander met die kalfies, het Oupa Pieter met sy groot "matchbox speelding", die trekker, gewerk. Hy het in Suid Afrika net in Massey Ferguson trekkers geglo. Wou niks weet van die groen trekkers nie. Maar nou ja, hier is die John Deere trekker heel voor in die ry. So, eintlik het hy nie nou 'n keuse nie, hy moes maar met die groene tevrede wees. Maak seker nie saak watter soort trekker dit is nie, hy kan trekker ry en dit is al 'n groot pluspunt vir hom. Hy geniet dit meer as die melkery afdeling van die boerdery.

Vertel vir julle volgende keer weer meer.

2 comments:

Paula said...

Die kalfies lyk goed versorg ... baie interressant!

Stephanie said...

Dit lyk so awesome! Wens ek kan dit doen. Is seker daarvan dit gaan beter wees as 'n kantoor en rekenaar heel dag!!!!