Friday 7 January 2011

Diela

Dit gaan beter met Diela. Sy kry gereeld haar pyn medikasie en kla nie oor pyn nie. Die antibiotika word nou ook elke 8 ure gegee en nie elke 6 ure soos die voriges nie. So, daar is darem nou langer rusperiodes tussen die medisyne gee.
Japie het Annika en Joanné kom haal om vanaand daar by Diela en Yolandi deur te bring en hulle sal seker môre terug kom. Ek is al so gewoond aan hulle, dat ek netnou wou roep om te hoor waar hulle is, toe ek besef hulle is nie meer hier nie.
Die spesialis het gesê dat hy Yolandi en Odélia Maandag sien. So, hulle sal definitief nie oor die naweek huistoe kom nie.

No comments: