Friday 14 January 2011

Ons ou Diela


Die dokters in Rotorua het gister 'n MRI Scan gedoen. Vanoggend eers met die uitslag gekom. Dit was nie goeie nuus nie. Sy kla al 'n hele paar dae oor die gewrig, maar die dokters wil nie luister nie. Sy weet al van die verskil van 'n oppervlakkige pyn op die vel en dan die dieper pyn wat in die been is. Diela is nou oorgeplaas na Starhip Hospitaal in Auckland, waar sy die vorige keer behandel is. Die osteomilitis het versprei na die gewrig. Ons glo en vertrou dat hulle die regte medikasie gaan vind en dat sy dan spoedig en volkome sal herstel.
Baie dankie vir al jule gebede. Bid asseblief nogsteeds vir haar en vir ons almal. Ons harte is seer, maar ons geloof is sterk.

No comments: