Monday 17 January 2011

Nuus oor Diela

Vanoggend het Japie laat weet dat dr. Nicol Diela eers môre sal sien. Hy sal dan eers in die hospitaal wees. Hulle sou vandag 'n beenscan doen en nog bloed toetse. Die dokter wat haar vanoggend gesien het, het besluit om die "backslap" van haar arm af te haal, sodat sy hom kan gebruik. Hy is bang die arm word styf. Fisioterapeut sou haar ook vandag begin besoek het. Het probeer om nou met hulle te praat voordat ek berig, maar kon nie by een van Japie of Yolandi uitkom nie.
Sal môre weer laat weet nadat dr. Nicol haar gesien het.
Bid nog asseblief gereeld vir haar.

No comments: