Tuesday 11 January 2011

Nuus oor Diela

Diela is nogsteeds in die hospitaal. Ons het vanmiddag gaan kuier. Die twee sussies klink my begin nou vreeslik verlang na Ousus.
Sy het lekker gespeel in die speelkamer toe ons daar aangekom het, maar het begin kla oor hoofpyn en dat die seer arm koud kry. Miskien 'n bietjie woelig gewees. Sy het pamol gekry en in die bed geklim, nadat ons gou-gou gaan roomys eet het.
Die een dokter het kom gesels en gesê dat hulle wil kyk of hulle haar op "oral" antibiotika kan sit. Veral omdat sy nie koors gehad het van Saterdag af nie. Ons hou duimvas daarvoor, want dit sal baie makliker wees om dan vir haar medisyne te gee.
Ons wag nou om te hoor wat die "groot" dokter môre gaan sê en besluit om te doen.
Baie dankie vir al jul gebede, moet haar nie vergeet nie. Ons glo dat sy volkome en spoedig sal herstel.

No comments: