Wednesday 5 January 2011

Diela terug in die hospitaal

Yolandi het vanoggend weer vir Diela hospitaal toegevat. Sy het baie koors gehad deur die loop van die nag en was vanoggend nie lekker nie. Sy het gister in die winkel op die arm geval en hy was gistermiddag redelik geswel.
Die bloedtelling was die vorige keer toe sy in die hospitaal was 8 en vandag is dit op na 98 toe. Dit wys dat die infeksie nie opgeklaar het nie.
Sy is nie meer die klein dogtertjie wat die vorige keer toe sy siek was in die bed gelê het nie. Sy is 'n woelige 7 jarige kind en dit is ook maar moeilik om te verstaan dat sy baie stil moet wees. Sy voel dan nie regtig siek nie, behalwe dat die arm met tye redelik seer is. Vra ook al vrae hoekom en waarom en wanneer sal dit dan nou weer gesond wees.
Op hierdie stadium klink dit asof hulle met haar Auckland toe gaan gaan. Dan is sy by die dokter wat haar die vorige keer behandel het.
Bid asseblief weereens saam met ons vir haar algehele herstel.




Die foto is geneem toe sy twee weke gelede in die hospitaal in Rotorua was.

No comments: