Thursday 27 January 2011

Nog nie tuis nie.....

Ek en Odélia was veronderstel om gister ontslaan te word. Ongelukkig het haar wond gister middag begin lek. Daar is heelwat vloeistof wat nou uit de wond dreineer. Dokter het haar gisteraand laat kom sien, en het vanoggend gevra dat sy nie eet nie, want ons sal moet teruggaan teater toe. Ons moes ook vanoggend 'n sonar van die elmboog neem. Dit was nie vir ons goeie nuus nie. Die radioloog het 'n groot hoeveelheid vuilgoed gesien wat van die radius been af kom en deur die wond druk. Hy het ook heelwat van hierdie vloeistof in die elmboog self gesien. Hy sal ook in teater teenwoordig wees om onder narkose 'n sonar te doen. So kan hy die arm reguit maak en kan hulle meer intensief en met meer detail sien wat aangaan. Ons sal julle op hoogte hou. Weereens baie dankie vir almal se gebede en boodskappe. Dit dra ons. xxx

Odélia en haar verpleegster, Amanda.

By radio Lollipop besig om DJ te speel!

Die fisio help vir die bloedsirkulasie in die arm.

Die arm.

EKG.

No comments: