Sunday 2 January 2011

Ou potlood met n nuwe punt. ( ja toe,toe nie daai punt in die wind nie,hy's net skerp gemaak )

Dan groet ek nou eers alle getroue volgers, en verklap my eerste geheim ek moes vir 3-4 jaar soek na die "username and password" sodat ek ook kon toegelaat word tot die blog kliek. En soos ek bespeur met my een glas oog is dit tog net die selfde ou selfde geluk, geluk geluk. Ek dog toe ek sal die hele lot so bietjie opkikker met n ou skinnertjie hier en daar en miskien so van tyd tot tyd vergeet ons van die ou " gesigboek" werfie en kuier so bietjie saam met die mense van "Tussen niks en nerens". Voor julle te gou belangstelling verloor moet ek soos oor die draadloos eers se; Spesiaal hello aan Ouma Issie en Ouma Hettie. En ook aan die ander eregaste oom Burt,Tante Kalien, oom Danie,Tante Miemie, Pa Bes en Joanne,Ma Gerda en Deon......... sjoe nou is ek uit asem uit.Ek hoop ek kan in die nabye toekoms vir julle gereeld n paar brokkies lewer uit . Ou potlood met n nuwe punt. Ek wonder wat dit was wat ek julle wou vertel het.................

No comments: