Monday 3 January 2011

Annika en haar hare

Soos julle weet en op die foto kan sien, het hierdie meisiekind van ons die mooiste, dikste en langste bos hare gehad. Dit is somer en wanneer die skool weer begin, kan hulle tot 3 keer per dag swem. Dit is elke pouse en met middagete. Hare was en kam was ook nie maklik nie, want van die 3 is sy die kleinserige een. Japie en Yolandi speel al lankal met die gedagte om die hare af te sny. Dit meer hanteerbaar en vir haar minder seer te maak.
Nou ja, verlede Donderdag was "D"-day. Pappa Japie het spore gemaak en vir Mamma Yolandi gelos om deur te druk.
Hier is 'n paar fotos van die haarsny.



Die eerste knip. Annika is baie ongelukkig. Maar hoe sê die spreukwoord:

Gedane sake het geen keer. Daar moes deurgedruk word. Baie hartseer : Moenie, ek wil dit nie hê nie. Die hele tyd.





Na die eerste stuk af is en nogsteeds sê sy: Ek wil nie dit hê nie, ek wil dit hê soos dit was. Moenie sny nie. En sy huil baie droewig. Jou hart wou breek. Dit was nie lekker om te sien en te hoor nie. Mamma praat mooi al is sy ook maar hartseer. Die volgende sny sal definitief beter gaan.





Reg vir die laaste paar knippe, en die hartseer glimlaggie verskyn. Sy het besef sy moet vrede maak, want die hare kan nie vasgeplak word nie.






Die eindproduk. Na al die trane en hartseer 'n baie groot glimlag. Dit lyk tog nie so sleg nie en ek kan my koppie so skud, dan gaan al die hare agter na my rug toe. Heeltemal tevrede en op haar gemak met die korter hare. Sy kon ook nie wag om ou jaarsdag aand vir almal haar korter hare te wys nie.

Met ousus Diela wat agter ook "cheese" om te wys dat sy ook daar was.




Annika het natuurlik gedink haarsny is baie seer. Dit moet wees soos om koeke uit my hare te kam. Na die tyd het sy erken dat sy gedink het die tannie gaan haar baie seer maak.
Sy is nou so in haar noppies met die korter hare. Vertel net vir almal hoe lekker dit is om haar hare so kort te hê.
"Well done" Pappa, Mamma en Annika.
Annika, jy lyk pragtig!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


No comments: