Saturday 4 October 2008

Odélia dek tafel

Woensdagaand het ek al die kinders gevra om by ons te kom eet. Sebil en Johan was daar en dan kon almal sommer sien hoe dit met haar gaan. Ons het vir die grootmense tafel gedek (Ouma se tafel) en die kleingoed het om hulle tafel geëet. Terwyl ek vir die grootmense gedek het, het Odélia vir die kleingoed hulle tafel gedek.
Die tafeldoek (goud) is self gekies en sy moes ook 'n overlay in die middel hê. Daarna is die bordjies, glasies en lepeltjies mooi gedek. Kleure bymekaar.
Sy is ook baie kunstig met die tipe van ding.


1 comment:

Anonymous said...

Ag moeder is dit nou nie net te cute nie. 'n Dogtertjie so na haar pappa se niggie se hart. Maar dis nie vir my beskore nie, my 2 boeties hou my besig genoeg. En hoe lekker is dit nie vir die sussies om so saam met hulle nefie aan tafel te kan sit nie.