Wednesday 22 October 2008

Odélia

Japie en Yolandi was die afgelope 3 dae in Auckland met Odélia. Sy het die nodige toetse gedoen om vas te stel of die operasie op die niertjies suksesvol was. Hulle het gou kom inloer hulle bakkie te kom haal wat oupa Bes hier gelos het. Volgens wat Yolandi vertel het, het alles goed afgeloop en klink dit vir my asof alles reg is. Ons dank ons Hemelse Vader daarvoor. Yolandi het belowe om vir ons fotos van hulle besoek aan Auckland te blog. Hulle was redelik moeg gewees, so ek dink sy sal seker môre die fotos blog. Sien uit daarna.

No comments: