Thursday 16 October 2008

Joanné kuier by Ouma

Terwyl Yolandi gister in die nuwe werker se huis besig was, het Nané by Ouma gekuier.
Te oulik het sy by die deur ingestap met Teddie in die een arm en handsak in die ander een.


Die eerste foto is nie baie duidelik nie, maar net om te wys sy het regtig sò by die deur ingekom.



Toe moes sy eers cheese sodat Ouma haar mooi kon afneem.

My kruidenierskas is vir haar 'n groot gunsteling. Weet ook al waarin mens alles wat geëet kan word bêre. Sy het die boks met plaatkoekiemeel uit die kas gehaal, haar kop - ja - geskud en toe moes ek weet, nou moet ons plaatkoekies bak.


Volgende is die kas weer oopgemaak en die stroop is uitgehaal.




Hierna het sy haar bordjie uitgehaal, weer haar kop geskud en dit was om aan te dui dat ek nou vir haar moes plaatkoekie en stroop gee.


Heerlik het sy toe gesit en eet.




Natuurlik ook in die kas is die lekkergoed bak. Die kan sy ook uithaal en vra as sy 'n lekkertjie wil hê - met : Namm - en skud die kop - ja.




Toe Yolandi haar kom haal, het sy weer vir Teddy in die een arm en handsak in die ander gehad. Wou nie regtig staan vir 'n foto nie, want sy was bang Mamma gaan haar weer los om by Ouma te bly.




No comments: