Tuesday 21 October 2008

Totsiens Bes en Jo-anne

Oupa Bes en ouma Jo is oppad terug Suid Afrika toe. Ons was Saterdagaand by Japie en Yolandi bymekaar om vir hulle totsiens te sê.
Die manne het buite vleis gebraai. Hierdie foto is laat geneem toe dit al donker was buite.
Op die foto is Edmond - links en oupa Bes - regs. Agter is Japie en Pieter besig om nog kole nader te bring.



Die vrouens het weer binne lekker gekuier. Dit was maar effens koud buite. Weer een van daardie dae wat ons 4 seisoene in een dag gehad het. Soos julle kan sien, word dit nou baie laat donker hier. Dit is lig buite en die foto is omtrent kwart voor agt in die aand geneem.
Op die foto is Mia-lee, Edmond, hulle ma Carol en Daleen.

Sebil met Joanné, Odélia en Yolandi.


Ruben en sy maatjie, Megan. Hy kies haar altyd uit om by te sit of om saam met hom te speel. Ek moet bysê: Sy is ook 'n regte ou moederhen. Speel altyd met die kleintjies en hou 'n oog oor hulle.



Annika het ook gou kom staan vir 'n foto.



Odélia en Edmond besig om blokkies te bou.



Joanné saam met ouma Jo.



Mia-lee in haar feetjie rok.




Bes en Jo-anne vlieg 21ste terug Suid Afrika toe. Hy het 'n pos in Durban gekry en hulle gaan hulle daar vestig. Ek en Pieter het hulle 20ste die middag lughawe toe geneem. Hulle het van Taupo af na Auckland gevlieg, waarvandaan hulle dan die 21ste Suid Afrika toe vlieg.

'n Paar fotos op Taupo Lughawe.

Bes en Jo-anne.


Hier klim hulle in die vliegtuig. Op die binnelandse vlugte vlieg jy in 'n 20 sitplek vliegtuig.


Die vliegtuig styg op.


En soos Ruben sal sê: Daar gaan hy!!!!!



Totsiens Bes en Jo-anne. Voorspoedige reis terug Suid Afrika toe. En voorspoed op julle lewenspad in Suid Afrika. Gods rykste seën word julle toegebid.

No comments: