Sunday 19 October 2008

Nog 'n vark val!

Aai tog, julle moet nie skrik as julle ons weer sien en ons het dalk pink krul sterte nie. Dit is van al die varkvleis wat ons deesdae moet eet. Met die manne wat so skiet kan ons net nie voor bly nie. Die vrieskaste is nou tot oorlopens toe vol!
Japie was die keer die gelukkige "jagter". Volgens die Kiwi-manier, moet jy self die vark uit die bos dra op jou rug.


Sommige Kiwis gebruik ook honde om varke mee te jag. Die honde trek die vark vas, en dan word hy sommer so lewedig keel af gesny. Omdat ons nie honde het nie, word die vark eers geskiet en dan keelaf gesny. Die binnegoed word ook sommer daar in die bos uitgesny en daar gelos.


Hierdie is een van die wilde varke wat op die plaas is waar ons werk. Sommige wilde varke is net swart, en ander soos dié een wit en swart.


As enigeen dalk nog lekker resepte of idees het vir dié varkvleis, laat weet asseblief vir ons. Dié meneer se ribbetjies word nou gerook, en die res van hom word salami. Sal laat weet hoe dit smaak.

No comments: