Monday 6 October 2008

Project Party Time

Bob the Builder, can we party
Ons het Saterdag 4 Oktober Ruben se verjaardag partytjie gehad met die tema Bob the Builder, hy is ons ou bouertjie en is altyd doenig met 'n hammer of 'n skroewedraaier.

Die partytjie is by die Whakamaru playcentre gehou waar ek en hy op 'n Vrydag gaan kuier het voor ek begin werk het. Die weer wou nie regtig saam speel nie, was maar bewolk met mot reën elke nou en dan. Gelukkig is die playcentre aan die Whakamaru gemeenskapsaal en die partytjie is toe sommer in die saaltjie gehou.


No comments: