Tuesday 21 October 2008

Gras word gesaai

Verlede week het hulle begin om die gras rondom die huise te saai. Hulle het eers nog topsoil ingery, want dié wat daar was, was volgens die werkers te min.



Daarna is 'n bobcat afgelaai om die topsoil gelyk te maak. Dit het effens begin reën en die werker het besluit hy wil nie natreën nie. Hy het in die bakkie gaan wag totdat dit opgehou het met reën.




Toe ek die storie so kyk het ek gewonder of hulle die grond so gaan los, want hier word die meeste werk met masjienerie gedoen en nie veel met die hande nie.



Groot was my verligting toe daar twee werkers met harke en grawe opdaag om alles mooi gelyk te maak. Hulle het dan ook die gras gesaai.




Volgende word 'n sprayer gekoppel en instruksies gegee oor hoe ek die gras moet natmaak. Ons het ook 'n epos gekry oor hoe die gras nat gehou moet word. Elke 15minute moet die sprayer geskuif word en die hele stuk aarde moet 4 keer per dag nat gegooi word. Die warmste tye van die dag moet vermy word om nat te gooi.





Wel, ek het probeer, maar definitief omtrent elke halfuur verskuif en net mooi eenkeer die hele grasperk natgegooi vir die res van die dag.


Ek was baie bly toe dit begin reën. Maar nou weer 'n ander probleem. Kyk net die voëltjies wat die saad optel. Maklik 'n stuk of 15 op ongeveer twee en 'n half vierkante meter. Pieter sê dit is vinkies. Of dit nou reën of nie hulle is heeltyd aan die optel. Dar is seker ongeveer 150 tot 300 vinkies op die gras en hulle eet aanmekaar. Ek hoop daar gaan nog genoeg saad oorbly om te groei.




Die mense wat weet, sê hulle het juis twee keer soveel gesaai, omdat hulle weet dat die voëltjies die saad optel.
Hou maar saam met my duimvas.
Dit klink my so oor 'n maand of wat sal ons 'n baie mooi grasperk hê.

No comments: