Sunday 19 October 2008

Nané se inspuitings

Joanné het ook Vrydag haar laaste inspuitings gekry. Nou kry sy eers weer 'n inspuiting op 4 jaar ouderdom. Na swemlesse is ons dokter se spreekkamers toe vir die inspuitings.

Niksvermoedend sit sy op Mamma se skoot en wag. Linker arm en been albei kaal vir die inspuitings.


Odélia en Annika kom sit gou nader vir 'n foto saam met Joanné.


Die eerste inspuiting - sjoe, Tannie, jy vat sò lank en dit is sò seer. Sy het regtig baie stadig op die arm gespuit.


Met die tweede inspuiting op die been, was sy so gou klaar, dat ek nie eens 'n foto kon neem nie. Die pleister wys daar was ook 'n inspuiting.



Met 'n paar jelliebeans in 'n botteltjie is sy dood gelukkig en het binne 3 of 4 minute al vergeet van die inspuitings.

No comments: