Wednesday 8 October 2008

Groot gelukwensings vir vandag

Vandag is 'n groot dag. Ons het groot verjaarsdae en 'n huweliksherdenking om te vier.



Dit is 'n groot mylpaal in jou lewe om 60 te word. Baie geluk, Francois. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde, vrede, voorspoed en goeie gesondheid wees. Jammer ons kan nie die partytjie bywoon nie, maar weet dat ons heeldag aan jou sal dink.




Liefde, Pieter en Annatjie.


Baie geluk met oom Frans se 60ste verjaarsdag. Mag oom ryklik geseën word en nog lank vir ons almal gespaar bly. Ons is baie jammer ons kan nie daar wees om die dag saam met Oom te vier nie, maar onthou "ou Sebiltjie" dink elke dag aan die Strydom familie van Westonaria en mis julle baie. Oom moet die dag baie geniet en lekker partytjie hou.

Liefde van: Johan en Sebiltjie



Happy happy Oom!!

Mag dit vir oom en oom se familie 'n baie geseende dag wees en mag oom nog baie gelukkige en voorspoedige jare he. Ons dink aan oom, geniet oom se dag.

Hekkie, Daleen en Ruben

Hi Oom Frans,

Ja, 60 is 'n GROOT EEN! Baie baie geluk. Ons bid dat Oom nog baie vreugdevolle en gesonde jare saam met die kinders en kleinkinders sal geniet.

Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné.

Nog 'n groot verjaarsdag. Baie geluk met jou 40ste verjaarsdag, Johann. Mag die jaar vol geluk en seëninge vir jou wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet.




André en Hettie is vandag 3 jaar getroud. Baie geluk julle twee. Hoop julle gaan nog baie jare vir mekaar gespaar bly. Hoop dat julle die dag baie gaan geniet.





No comments: