Friday 17 October 2008

Ruben en Oupa

Gister was dit weer Ruben se beurt om te kuier. Ek en hy het eers Taupo toe gegaan vir swemlesse en ek het sommer kruideniers gekoop. Oupa-hulle het begin melk en dit was ook nie hoeka nie of Oupa het vir Ruben met die vierwiel motorfiets kom haal. Hulle moes die koeie aanjaag stal toe en daarna moes hulle gaan moe pap gee. Met ander woorde hulle moes die palmkernel gaan laai en die sleepwa vir die koeie in die weikamp gaan trek. Ek was 'n bietjie laat met die kamera, want ek moes kalfshed toe loop om gou 'n paar foto's te kon neem.
Gelukkig het Oupa ingestem vir 'n paar foto's, want eintlik moes hulle toe al gery het.
Ruben op die John Deere trekker. Ja, hulle het nie Massey Fergusons hier op die plaas nie, net John Deeres.


Oupa en Ruben

Hier wag Ruben al vir Oupa op die Fourwheeler. Kan nie wag dat Oupa moet kom sodat hulle kan ry nie. En ja, julle sien reg, hy het 'n springbokhoedjie op sy kop.

Oupa en Ruben op die fourwheeler. Hier waai hy eintlik al. Totsiens, Ouma.


Klaar gelaai en reg kom te ry. Kom nou, Ouma, neem nou die foto en kry klaar, sodat ek en Oupa kan ry.


Daleen het al gekom om Ruben te kom haal, en hy was nog nie by die huis nie. Gelukkig was hy en Oupa by die melkstal gewees en kon sy vir Ruben daar kry om huistoe te gaan.

Soos jy sê, Ouma Miemie, 'n regte ou boerseuntjie.

No comments: