Friday 3 October 2008

Groot Dankie

Ek is weer terug op die lig.


Ek en Johan wil maar net dankie sê vir al die ondersteuning wat ons gekry het met my operasie. Ons waardeer dit baie.



Dan wil ek baie graag groot dankie sê:


Eerstens aan Ons Hemelse Vader wat sy hand van beskerming oor my gehou het met die operasie. Sonder Hom sal ek die afgelope paar weke nie die mas opgekom het nie.


Tweedens dankie vir Johan wat my so sterk by gestaan het. Dankie my skat, ek is baie lief vir jou.

Dan ook aan my Pa en Ma, baie dankie vir die bystaan. Dit beteken baie vir my en Johan.

Ook aan almal wat aan ons gedink het, gebel en ook boodskappe gestuur het, baie dankie ons waardeer dit baie.
Dit is die x-ray van my na die operasie.



No comments: