Wednesday 15 October 2008

Tamaki Maori Village



Ek maak al sò lankal die fotos bymekaar, maar het nog net nie sover gekom om dit op die blog te sit nie. Ek en Pieter het een aand kort nadat ons in New Zealand aangekom het die Tamaki Maori Village besoek. Wat 'n belewenis. Jy leer sò baie van hulle kultuur. Dit is werklik die moeite werd om hierdie besienswaardigheid te besoek wanneer jy in New Zealand is.

Die ingang na die Tamaki Maori Village




Ons het die aand in 'n hotel in Rotorua gebly om met 'n bus die vertoning by te woon. 'n Bus het ons by die hotel kom oplaai. Ons busbestuurder se naam was Dennis. Hoe hy geweet het, weet ek nie, maar hy het geweet dat ons Suid-Afrikaners is. Sal, indien ek ooit weer na die village gaan, graag weer in sy bus wil ry. Die hele pad het ons gesing en na sy verhale geluister.

Pieter voor die Queens Park Hotel in Rotorua.




In Rotorua is daar dan eers 'n by informasie sentrum aangegaan. Hier het ons geluister na hulle verhaal van hoe hulle in New Zealand aangekom het.



'n Foto van my by 'n voorstelling van een van die bootjies waarmee hulle geseil het.




Van hier is ons weer met die bus na Tamaki Village geneem. Op die bus moes ons 'n kaptein vir ons groep kies. 'n Ouerige mans persoon is toe aangestel.



Op die foto onder is die paadjie waar jy inry na die village toe wat versier is met uitgekerde hout beelde. Die uitgekerfde beelde is 'n kenteken van die Maori's.





Hier is 'n Maori man besig om 'n beeld uit te kerf.



By die Village aangekom, was daar weereens 'n ritueel gehou. Hier moes jy jou pose hou. Jy mag nie lag of enige emosie wys nie. Dit is 'n baie ernstige deel. Hierdie ritueel en die uitkom daarvan, bepaal dan ook of jou groep die village mag binnegaan.



'n Voorstelling van wagte wat die village bewaak.





Hulle kaptein kom by die ingang uit om die ritueel waar te neem.







Die ritueel.


Ons kaptein buk om die varingblaar op te tel. Dit is die teken dat ons in die village mag ingaan.





Uiteindelik is dit dan nou tyd om in te gaan. Elke toneel verduidelik vir jou iets van die Maori's en hulle kultuur.

Die ingang.


Pieter voor die ingang.


Die volgende paar fotos is binne in die village geneem.




Nadat die village deurgestap is, word 'n heerlike "hangi" aandete voorgesit. Dit is kos wat op die Maori manier voorberei is. Hangi word deur middel van die fermels (stoom in die grond) gaargemaak.

Pieter sit op een van die klippe wat rondom die gat in die grond gepak is. Regs agter is die sak in die grond waarin die kos gaargemaak word.


Daar is ook eers weer vir ons gedans en gesing.



Ons busbestuurder, Dennis, links en ons kaptein regs, besig om saam met die Maori groep te sing en dans.




Jy beleef baie van die Maori kultuur en geniet 'n baie lekker aand. Ek dink as jy in 'n groep bekendes gaan, kan dit net lekkerder wees.

Die foto het Pieter sommer self op die bus oppad terug na die hotel geneem.

No comments: