Monday 20 October 2008

Speel by McDonalds

Vrydag, na swemlesse en die besoek aan die verpleegster vir Nané se inspuitings, het ons gaan lafenis soek by McDonalds. Die meisiekinders was baie opgewonde, want nou kan hulle weer op die "Playground" speel. Ons het ook vir Hilda, 'n ander Suid Afrikaanse vroutjie en haar skoonma, Delia, daar ontmoet en saam koffie gedrink.

'n Paar fotos van die 3 meisiekinders.
Odélia, Annika en Joanné
Diela, Anka en Nané


Odélia



Annika



Joanné


Die voëltjies pla baie en as jy hulle voer, hou hulle aan met terugkom. Hier het Annika vir een 'n chippie gegooi.


In die kar oppad RD1 (die koëperasie) toe en die twee kleintjies is so pootuit, dat hulle aan die slaap geraak het.



Terwyl ek en die meisiekinders in die kar wag en Yolandi gou 'n paar goedjies by RD1 kry, is Odélia natuurlik nog nie sò moeg nie en sy sit Yolandi se sonbril op en pose vir 'n foto. Die moegheid het haar eers ingehaal oppad huistoe en toe het sy ook omtrent net vir so 20 minute geslaap.

No comments: