Monday 6 August 2007

Terugvoering uit Auckland

Japie het Maandagoggend saam met Yolandi Auckland toe gegaan. Hulle het die nierspesialis gesien. Hy sê dat hy nie haastig is om iets aan die niere te doen nie en dat die gogga nie van die niere afkomstig is nie. Dus word daar nie nou aan Odélia se niere geopereer nie. Dr. Nicol, die ortopeut, is baie tevrede met Odélia se vordering. Die MRI scan word môre gedoen om vas te stel hoe die been gegroei het. Dan word die gips afgehaal en nuwes opgesit. 'n Ander dokter wat spesialiseer in Infeksies het haar ook vandag gesien. Sy doen nog twee ander bloedtoetse om vas te stel wat met die regter arm en been aan die gang is. Hopenlik wys die MRI scan ook vir ons wat die probleem is. Soos ons predikant gister gesê het : Ons bid vir wysheid vir die dokters, sodat hulle kan vasstel wat aangaan.


No comments: