Friday 17 August 2007

Odélia vlieg na Auckland

Vrydag, 17 Augustus. Hulle het vanoggend, na aanleiding van die CT Scan, x-strale geneem van die gewrig. Die IV lyn in die linkerarm vir die medisyne het effens rooi begin word en om seker te maak dat daar nie infeksie in is nie, gaan hulle vandag die lyn uithaal en in 'n ander aar insit. Sal later vandag dalk weer meer terugvoering hê en sal dan weer skryf.
Yolandi het vir my hierdie foto's gestuur. Die eerste een is waar sy in die vliegtuig sit. 18 Persone plus die 2 personeel, dus 20 persone in die vliegtuig. Eerste wou sy weet waar haar TV in die sitplek voor haar is, want sy wil nou TV kyk. Nie lank daarna nie, of sy wil weet wanneer hulle dan gaan eet. Dit is nou van lekker bederf in die groot vliegtuig na Suid Afrika. Sy het ook al gesê dat wanneer haar been weer reg is, sy sommer na Suid Afrika sal hardloop.



No comments: